Return to search

Maatskaplike werk intervensie met gesinne van diverse kultuur en agtergrond

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: South-Africa is known for diversity because of the existence of so many different cultural
groups. According to the South African Statistic Services is there an increase in immigration
from different African countries, India and China. South Africa therefore need to
accommodate the different cultural groups. Except for the fact that there is so many cultural
groups, there is also the possibility that more relationships and even marriages will take place
between these different cultural groups. The social work profession already started to adapt to
these differences because the teaching at universities and colleges focus on multi-cultural
intervention.
Before 1994 little attention was given to training of social work intervention with families of
different cultural backgrounds. To be able to make social work intervention count, knowledge
about the different cultures where social workers are involved with, is important.
The aim of the study was to establish guidelines for social workers who render services to
families of different cultural background, to insure that their intervention will be done more
effectively. Existing literature on intervention with families of different cultural background
was studied and presented in a theoretical framework.
Social work perspectives, theories and models which can be used in social work intervension
were discussed. Specific social work perspectives, models and theories which can be used
with intervension of families with different cultural backgrounds were also discussed. The
definitions of culture and the family were explained and a study was done on social work
intervention with families of different cultural backgrounds.
Exploratory research was done with the aid of a questionnaire at three welfare organisations.
Social workers knowledge and skills on counselling with families of different cultural
backgrounds was determined amongst practising social workers. Information obtained from
the questionnaires are presented in nine categories, namely : identifying particulars, the client
system, problems with families from different cultural backgrounds, training and knowledge
of the social worker in cultural diversity,further training, perspectives and models for intervention, intervention with families of different cultural background, the attitude of the
social worker and the welfare organization's involvement in training.
Conclusions and recommendations are made regarding social workers' knowledge and skills
of intervention with families of different cultural backgrounds that are important for effective
intervention. Recommendations are made regarding further training and research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is bekend vir diversiteit, as gevolg van die teenwoordigheid van verskillende
kultuurgroepe. Volgens die SA Statistieke Diens is daar 'n toename in immigrante van
verskeie Afrika lande, Indië en China. Suid-Afrika word dus genoodsaak om voorsiening te
maak vir al die verskillende kultuurgroepe. Behalwe vir die feit dat daar verskillende
kultuurgroepe bestaan, is daar ook die moontlikheid dat meer verhoudinge en huwelike sal
plaasvind tussen verskillende kultuurgroepe. Die maatskaplike werk professie het reeds begin
met aanpassings in die verband deurdat opleiding by universiteite en kolleges fokus op multikulturele
intervensie.
Voor 1994 is daar minder aandag gegee aan opleiding in maatskaplike werk intervensie aan
gesinne van verskillende kulturele agtergrond. Ten einde doeltreffende maatskaplike werk
intervensie te lewer, is kennis in verband met die verskillende kulture waarby maatskaplike
werkers betrokke is, belangrik.
Die doel van die studie was om riglyne daar te stel vir die maatskaplike werker wat dienste
lewer aan gesinne van verskillende kulturele agtergrond, sodat intervensie meer effektief sal
wees. Bestaande literatuur ten opsigte van intervensie met gesinne van verskillende
agtergrond is bestudeer en aangebied in 'n teoretiese raamwerk.
Eerstens is gefokus op algemene maatskaplike werk benaderings, teorieë en modelle wat in
maatskaplike intervensie benut kan word. Daar is ook meer spesifiek gefokus op
maatskaplike werk-benaderings, modelle en teorieë wat benut kan word met gesinne van
verskillende kulturele agtergronde. Die definisies van kultuur en die gesin is ook bespreek en
laastens is gefokus op maatskaplike werk intervensie aan gesinne van verskillende etniese
agtergronde.
Met behulp van 'n vraelys is 'n verkennende studie by drie welsynsorganisasies gedoen.
Hierdeur is maatskaplike werkers in die praktyk se kennis en vaardighede oor intervensie aan
gesinne met verskillende etniese agtergronde bepaal. Die gegewens verkry uit die ondersoek
word in nege dele aangebied, naamlik : identifiserende besonderhede, die gevallelading, probleme met gesinne van diverse kultuur, onderrig en kennis van die maatskaplike werker in
kulturele diversiteit, verdere opleiding, benaderings en modelle vir intervensie, intervensie
met gesinne van verskillende kulturele agtergronde, die gesindheid van die maatskaplike
werker en die welsynsorganisasie se betrokkenheid by opleiding.
Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak ten opsigte van maatskaplike werkers se kennis
en vaardighede met betrekking tot verskillende kulture en intervensie aan gesinne van
verskillende kulturele agtergronde wat noodsaaklik IS vir effektiewe intervensie.
Aanbevelings is gemaak ten opsigte van verdere opleiding en navorsing.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52923
Date03 1900
CreatorsKoch, Maria Martina
ContributorsGreen, Sulina, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format165 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.004 seconds