Return to search

Redes waarom leerders die skool verlaat : 'n gevallestudie van 'n spesifieke skool

Thesis (MEd (Faculty of Education and Social Sciences))--Cape Peninsula University of Technology, 2009 / Baie leerders verlaat sekondêre skole voordat hulle by daardie spesifieke skool matrikuleer.
Sommige migreer bloot na ander skole terwyl ander hul opvoeding by skoolgebaseerde
Verdere Onderwys en Opleidingskolleges (VOO) voortsit of beroepsgerigte kursusse volg.
Navorsing het egter bewys dat baie leerders sekondêre skole verlaat en bloot dropouts word,
dit wil sê leerders wat nie hul opvoedingsloopbaan op een of ander manier voortsit nie.
Hierdie studie is daarop gefokus om, deur ’n gevallestudiebenadering, die redes waarom ’n
spesifieke sekondêre skool in die Wes-Kaap jaarliks hoë syfers van skoolverlatings beleef, te
identifiseer. ’n Deeglike literatuurondersoek het aan die lig gebring dat push out of school- en
pull out of school-faktore oorwegend die redes is waarom leerders skole verlaat. Uit die
literatuur kon ek ook identifiseer dat meer pull out of school-redes tot skoolverlatings gelei
het. My navorsing is binne die teoretiese raamwerk van push out of school- en pull out of
school-redes onderneem.
Ek het ’n gemengde-metodebenadering, wat kwantitatiewe en kwalitatiewe ondersoeke
ingesluit het, gevolg om data te bekom. Die navorsingsperiode was vir die eerste sewe
maande van 2008. Die instrumente wat aangewend is om data in te samel, sluit in vraelyste
wat na 80 skoolverlaters versprei is, semi-gestruktureerde onderhoude met 12 skoolverlaters
en hul ouers, asook ontleding van skooldokumentasie.
Die inligting vanuit die vraelyste word deur middel van grafieke (histogramme) aangebied,
ontleed en bespreek. Die inligting wat verkry was deur middel van onderhoude is in
tabelvorm saamgevat, in beskrywende vorm aangebied en tematies ontleed en bespreek.
Daar is bevind dat pull out of school–faktore, soos huislike omstandighede, swangerskap,
verhuising, siektes en groepdruk, sowel as push out of school-faktore soos onderprestasie,
graadherhaling, onveiligheid by die skool, die feit dat die leerder uitgesit was, weiering van
gesag en taalprobleme, tot skoolverlatings bygedra het. Aanbevelings rakende die bevindinge
tot die studie word in hoofstuk vyf uiteengesit.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/1907
Date January 2009
CreatorsValentyn, Steven Nicolaas
PublisherCape Peninsula University of Technology
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0018 seconds