Return to search

Winged words : a descriptive and quantitative study of figurative speech in the subtitles of 7de Laan

Thesis (MPhil)-- Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates subtitling in 7de Laan, comparing episodes from 2007 to episodes from
2010 with a focus on figurative language. It is a quantitative, descriptive study and aims to
determine the overall adequacy or acceptability of the subtitles, the translation strategies used,
how figurative language and language varieties are translated and compares findings from 2007
to those of 2010 to establish whether there has been a change in approach over this period.
The source text, 7de Laan, is discussed in Chapter 1, which also outlines how the study will
proceed, the research problem and the research questions. Chapters 2 and 3 are the literature
review of the relevant theories. Chapter 2 covers Descriptive Translation Studies and the
translation of figurative language. The challenges particular to subtitling, specifically the
constraints of the medium, are discussed in Chapter 3.
The following two chapters are the analysis and each begins with the methodology used for that
analysis. Chapter 4 is a macrolevel analysis of the corpus and determines the
acceptability/adequacy of the subtitles, their governing translation norms and analyses the
translation strategies used. More specific questions are answered in Chapter 5, which analyses
the translation of figurative language, the representation of language varieties in the subtitles
and the influence catering for a hearing-impaired audience has on translation decisions.
The findings indicate that the subtitles of 7de Laan are mostly acceptable and that acceptability
increases in 2010. The translation strategies used and their frequency of usage are similar over
the years. However, there are slight changes: in 2010 there is less literal translation, more
omission and fewer figurative-specific translation strategies are used. The findings further show
that there is less figurative language in the subtitles in 2010. Additionally, there is a tendency of
levelling out figurative language in both years which increases in 2010. The analysis of
language varieties indicates that for sociolects, age markers influence the subtitles more than
race markers do. Idiolects are rendered but how much of an idiolect is rendered depends on its
markers. The analysis also finds that subtitling for hearing-impaired audiences is a significant
factor in the translation process over and above the spatiotemporal constraint of subtitling. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die onderskrifte van 7de Laan. Dit vergelyk episodes van 2007 met
episodes van 2010 en fokus op figuurlike taalgebruik. Die ondersoek is kwantitatief en
beskrywend en wil die algehele geskiktheid (adequacy) of aanvaarbaarheid (acceptability) van
die onderskrifte vasstel, asook die vertaalstrategieë wat gebruik is en die wyse waarop figuurlike
taal en taalvariëteite vertaal word. Die bevindinge van 2007 word vergelyk met dié van 2010 om
vas te stel of die vertaalbenadering in die tydperk verander het.
Die bronteks, 7de Laan, word in hoofstuk 1 bespreek, wat ‘n oorsig gee oor hoe die studie
verloop, die navorsingsprobleem en die navorsingsvrae. Hoofstuk 2 en 3 is die literatuurstudie
van die relevante teorieë. Hoofstuk 2 dek beskrywende vertaalstudies (Descriptive Translation
Studies) en die vertaling van figuurlike taal. Die probleem eie aan onderskrifte, veral die
beperkings in die vertaalproses, word in hoofstuk 3 bespreek.
Die volgende twee hoofstukke bestaan uit die ontleding en elke hoofstuk begin met die
metodologie wat gebruik is vir daardie ontleding. Hoofstuk 4 is ‘n makrovlakontleding van die
korpus en bepaal die geskiktheid/ aanvaarbaarheid van die onderskrifte, oorheersende norme
en ontleed die vertaalstrategieë wat gebruik is. Meer spesifieke vrae word in hoofstuk 5
beantwoord, wat betref die vertaling van figuurlike taal, die oordra van taalvariëteite in die
onderskrifte en die invloed van die inagneming van gehoorgestremde kykers op vertaalbesluite.
Die bevindinge dui aan dat die onderskrifte van 7de Laan meestal aanvaarbaar is en dat
aanvaarbaarheid in 2010 toegeneem het. Die vertaalstrategieë en die frekwensie van die
gebruik daarvan het oor die jare nie veel verander nie. Daar is egter klein veranderings: in 2010
is daar minder letterlike vertalings, meer weglatings en minder vertaalstrategieë wat spesifiek op
figuurlike taalgebruik gemik is. Die bevindings dui ook aan dat daar minder figuurlike taal in die
2010-onderskrifte is. Die ontleding van taalvariëteite toon dat, ten opsigte van sosiolekte,
ouderdommerkers ‘n groter invloed op onderskrifte het as rasmerkers. Idiolekte word wel
verteenwoordig, maar die mate daarvan word deur die idiolek se merkers bepaal. Die ontleding
dui ook aan dat onderskrifte wat gerig is op gehoorgestremde kykers, ‘n groot faktor in die
vertaalproses is, benewens die tydruimtelike beperking van onderskrifte as sodanig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86394
Date04 1900
CreatorsMorden, Lizl
ContributorsFeinauer, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format195 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds