Text in Afrikaans / Uit 'n literatuurstudie en empiriese ondersoek wat onderneem is, blyk dit dat 15-40% van alle
adolessente subkliniese depressie ervaar. Veranderinge en toenemende druk en eise eie aan die
adolessente-fase, bring by baie adolessente depressiewe gevoelens mee. Ten spyte van hierdie
omstandighede is daar egter ook baie adolessente wat hierdie fase van ontwikkeling sonder enige
noemenswaardige probleme deurloop.
Aaron Beck is van mening dat dit nie die omstandighede opsigself is wat tot depressie aanleiding
gee nie, maar wel die betekenis wat individue aan omstandighede gee. Beck noem dat depressiewe
persone tot irrasionele oortuigings, foutiewe inligting-prosessering en disfunksionele outomatiese
gedagtes geneig is.
Om hierdie probleem aan te spreek is ses adolessente, wat subkliniese depressie ervaar, aan Beck se
kognitiewe terapie onderwerp. Die primere doel van Beck se terapie is die regstelling van
bogenoemde disfunksionele kognisies.
Die gevolgtrekking is dat wanneer adolessente wat subkliniese depressie ervaar, se disfunksionele
kognisies reggestel word, hulle depressiewe gevoelens opgehef word. / From a literature study and empirical research which was undertaken, it seems that 15-40% of all
adolescents experience subclinical depression. Changes and increasing pressure and demands,
typical of the adolescent phase, causes many adolescents to experience depressing emotions. In
spite of these circumstances there are also many adolescents who go through this phase in
development without any significant problems.
Aaron Beck is of opinion that it is not the circumstances in and of itself that lead to depression but
rather the meaning that individuals attached to these circumstances. Beck mentions that depressive
people are inclined to irrational beliefs, erroneous information-processing and dysfunctional
automatic thoughts.
To address this problem, six adolescents who experience subclinical depression, were subjected to
Beck's cognitive therapy. The primary target of Beck's therapy is the correction of above
mentioned dysfunctional cognitions.
The conclusion is that when the dysfunctional cognitions of adolescents who experience subclinical
depression can be corrected, their depressive feelings will diminish. / Educational Studies / M. Ed. (Voorligting)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/822 |
Date | 30 June 2002 |
Creators | Davel, Jaqualine Cecile Flower |
Contributors | Lessing, A. C. (Anna Christina), 1947- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xiv, 168 leaves) |
Page generated in 0.0026 seconds