Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: Our study aimed to determine the preference of Western Cape consumers for the
eating quality and appearance of pears. Identifying the main sensory drivers of liking
and consumer groupings with similar preferences may allow the pear industry to
target specific markets and increase local consumption, which is stagnating at
relatively low levels.
Our first trial included 9 European pear cultivars (Pyrus communis L.) and one Asian
pear cultivar (P. pyrifolia (Burm.) Nak.). These were chosen to represent a wide
range of characteristics in order to identify the main sensory drivers of liking and
possible consumer groupings. The majority of the 421 consumers, irrespective of
gender, ethnicity and age, preferred pears with a distinct pear flavour, a sweet taste,
a fair amount of malic acid, soft, juicy flesh with melt character, and a yellow or pale
green peel colour with a typical pear shape. Astringency, sourness and grittiness
negatively affected consumer preference. None of the pears were mealy and
therefore we could not assess this characteristic. Two consumer clusters with similar
preferences for eating quality and also for appearance were identified. In terms of
eating quality, group 1 (55% of consumers) indicated a liking for a wide range of
cultivars with poorly defined likes and dislikes. Group 2 (45% of consumers), in
contrast, had a high liking for the eating quality of a small selection of cultivars while
disliking the rest. Based on the preferences for appearance, group 1 (61% of
consumers) again indicated a liking for a wide range of cultivars. Group 2 (39% of
consumers) scored the most familiar cultivars, viz. Bon Chretien and Packham’s
Triumph, very high and the other cultivars much lower than group 1.
The objective of our second study was to investigate consumer preference for firm,
juicy pears compared to soft pears with a melt character and to identify which of
‘Forelle’, ‘Packham’s Triumph’ and ‘Abate Fetel’ is best suited to either option. Pears
were harvested within the commercial harvest window (H1) (flesh firmness at 6-
6.8kg, 6.4-7kg and 6-6.8kg respectively) and again a month later (H2). H1 and H2
pears were ripened at room temperature (20 ºC) for seven or one day, respectively.
More consumers (67%) correlated positively with melt character, juiciness, overall
pear flavour and sweet taste. These characteristics were the most prominent in H1
‘Packham’s Triumph’ pears while H2 fruit were much firmer, but lower in preferred flavour characteristics. There is, however, also a market for crisp and juicy pears as
33% of the consumers showed a preference for these characteristics. ‘Forelle’ and
‘Abate Fetel’ could both be suitable for this market. ‘Forelle’ was preferred firm,
probably because H1 soft pears were more astringent and sour as well as less juicy
than H2. There was no difference in preference between H1 and H2 in ‘Abate Fetel’.
In conclusion, most Western Cape consumers prefer European pears with the
characteristic soft, melting texture, but a third of consumers seem to like firm, juicy
pears. Hence, there is opportunity to develop a market for tree-ripe and Asian pears,
but marketing will be needed to overcome appearance preferences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ons studie was daarop gemik om die voorkeur van Wes-Kaap verbruikers vir die
eetkwaliteit en voorkoms van pere te bepaal. Die identifisering van die belangrikste
sensoriese drywers van smaakvoorkeure en verbruikersgroepe met soortgelyke
voorkeure kan die peerbedryf toelaat om spesifieke markte te teiken en plaaslike
verbruik te verhoog, wat tans op relatief lae vlakke stagneer.
Ons eerste proef het 9 Europese peer kultivars (Pyrus communis L.) en een
Asiatiese peer kultivar (P. pyrifolia (Burm.) Nak.) ingesluit. Die kultivars is gekies om
'n wye verskeidenheid eienskappe te verteenwoordig sodat die belangrikste drywers
van sensoriese smaakvoorkeure en moontlike verbruikersgroeperings geïdentifiseer
kon word. Die meerderheid van die 421 verbruikers, ongeag geslag, etnisiteit en
ouderdom, het pere met 'n duidelike peer geur, 'n soet smaak, 'n redelike
hoeveelheid appelsuur, sagte en sappige tekstuur met n smeltkarakter, en 'n geel of
liggroen skilkleur met 'n tipiese peer vorm verkies. Frankheid, hoë suurvlakke en
grinterigheid het verbruikers voorkeur negatief beinvloed. Geen pere in ons studie
was melerig nie en daarom kon ons nie hierdie eienskap evalueer nie. Twee
verbruikersgroepe met soortgelyke voorkeure vir eetkwaliteit en peervoorkoms is
geïdentifiseer. In terme van eetkwaliteit het groep 1 (55% van die verbruikers)
voorkeur vir 'n wye verskeidenheid van kultivars aangedui. Groep 2 (45% van die
verbruikers) daarteenoor het die eetkwaliteit van net 'n klein seleksie van kultivars
verkies, terwyl hul ‘n afkeur getoon het vir die res. In terme van voorkoms, het groep
1 (61% van die verbruikers) weereens van 'n wye verskeidenheid kultivars gehou
terwyl groep 2 (39% van die verbruikers) baie hoë punte aan die bekende Bon
Chretien en Packham's Triumph kultivars toegeken het, maar die ander kultivars
baie laer as groep 1 bepunt het.
Die doel van ons tweede proef was om verbruikersvoorkeur vir ferm, sappige pere
teenoor sagte pere met 'n smelt tekstuur te bepaal en tot watter mate 'Forelle',
'Packham's Triumph’ en ‘Abate Fetel' geskik is vir iedere opsie. Pere is tydens die
kommersiële oesvenster (H1) (fermheid 6-6.8kg, 6.4-7kg en 6-6.8kg onderskeidelik)
en weer 'n maand later (H2) geoes. H1 en H2 pere is teen kamertemperatuur (20 ºC)
onderskeidelik vir sewe of een dag rypgemaak. Die meeste verbruikers (67%) se
voorkeur korreleer positief met 'n smeltende tekstuur, sappigheid, peer geur en soet smaak. Hierdie eienskappe was die prominentste in H1 'Packham’s Triumph' pere
terwyl H2 vrugte baie fermer, maar laer in voorkeur geureienskappe was. Daar is
egter wel 'n mark vir ferm, sappige pere aangesien 33% van die verbruikers 'n
voorkeur toon vir hierdie eienskappe. 'Forelle' en 'Abate Fetel' sou beide geskik kon
wees vir hierdie mark. 'Forelle' is verkies as fermer peer, waarskynlik omdat H1
sagte pere meer frank, suurder sowel as minder sappig was. Daar was geen verskil
in verbruikersvoorkeur tussen 'Abate Fetel’ se H1 en H2 pere nie.
Ten slotte, die meeste verbruikers van die Wes-Kaap verkies die smaak van ryp
Europese pere met hul karakteristieke sagte, smeltende tekstuur, maar 'n derde van
die verbruikers hou wel van ferm, sappige pere. Daar is dus 'n geleentheid om die
mark vir boomryp en Asiatiese pere te ontwikkel, maar bemarking sal nodig wees om
die verbruikersvoorkeure vir voorkoms te oorkom.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/98064 |
Date | 12 1900 |
Creators | Blanckenberg, Anelle |
Contributors | Steyn, W. J., Theron, K. I., Muller, M., Stellenbosch University. Faculty of Agriscience. Dept. of Horticulture. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 138 pages : illustrations |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0027 seconds