Return to search

Evaluering van 'n opleidingsprogram vir vrywillige werkers betrokke by 'n gemeenskapsprojek

Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The Department of Occupational Therapy of the University of Stellenbosch has been
involved in the development of the Volcano Community Project in the Ravensmead
area since 1994.
A needs assessment conducted in the area has led to the indentification of the
following problems:
• there are no after school care services in the area;
• limited opportunities for individual attention to learners because of a high learner
educator ratio;
• high incidence of substance abuse amongst the youth;
• children loitering in the streets in the afternoon; and
• a quarter of all grade one learners in the area repeat their basis year of school.
In order to address the abovementioned problems it was decided to recruit
unemployed youth within the community as voluntary workers. This group of
volunteers received training in the execution of pre-planned developmental
stimulation lessons that they then present to grade one and two learners who have
problems. The volunteers undergo a training programme in order to equip them to
handle the learners.
This project is still in progress and it needs to be evaluated in order to gain
information which would help to improve the programme as well as the management
thereof. The aim of the research was to establish the impact of programme
participation on the voluntary workers and that was done by looking at the following:
• what the strengths of the project are;
• what the weaknesses of the project are; and
• which suggestions there are to improve the project. Qualitative formative evaluation research was the paradigm within which the
research was executed. Interviews were conducted with the voluntary workers and
the following themes/patterns emerged from the data:
Strengths of the project:
Turnabout in the lives of the voluntary workers; improvement of self-knowledge;
development of skills; work satisfaction; and guidance by the students.
Weaknesses of the project:
Schools where this project is in progress and facilities available at these schools;
management of the project; and the group of voluntary workers.
Suggestions regarding the project:
Encouragement; management; and other logistics.
The researcher took each of these main themes and with the help of process/impact
rubrics data was interpreted. From these rubrics factors were identified and
recommendations made which may contribute to the improvement of the project for
example feedback after completion of the task is very important and should be very
specific for an individual. Possibilities for the broader application of findings are also
suggested. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Departement Arbeidsterapie van die Universiteit van Stellenbosch, is sedert 1994
betrokke by die ontwikkeling van die Volcano gemeenskapsprojek in die
Ravensmeadarea.
In Behoeftebepaling in die area het gelei tot die identifisering van die volgende
probleme:
• geen naskoolse dienste is in die area beskikbaar nie;
• beperkte geleenthede vir individuele aandag aan leerders as gevolg van 'n
te hoë leerdertoedeling per onderwyser;
• hoë voorkoms van substansmisbruik onder die jeug;
• kinders wat in die middag in die straat rondslenter; en
• In kwart van alle graad een leerders in die area herhaal hul basisjaar van
skool.
Daar is besluit om bogenoemde probleme aan te spreek deur werklose jeugdiges in
die gemeenskap te werf as vrywillige werkers. Die groep vrywillige werkers is dan
opgelei om vooraf opgestelde ontwikkelingstimulasielesse aan te bied aan graad een
en twee leerders wat probleme ervaar. Die vrywillige werkers deurloop In
opleidingsprogram om hulle beter toe te rus om die leerders optimaal te kan hanteer.
Die program is nog lopend en evaluering is nodig ten einde inligting te verkry wat kan
lei tot die verbetering van die program en die bestuur van die projek oor die
algemeen.
Die doel van hierdie navorsing was om die impak wat programdeelname op die
vrywillige werkers het te ondersoek deur te kyk na:
• wat die sterkpunte van die projek is;
• wat die swakpunte van die projek is; en
• watter voorstelle daar is om die program te verbeter. Kwalitatiewe formatiewe evaluasienavorsing is die paradigma wat in hierdie
navorsing gebruik is om die data in te samel en te analiseer. Onderhoude is met
vrywillige werkers gevoer en die volgende hooftemas het uit die data na vore gekom:
Sterkpunte van die projek:
Ommeswaai in vrywillige werkers se lewens; bevordering van selfkennis;
ontwikkeling van vaardighede; werksbevrediging; en leiding deur die studente.
Swakpunte van die projek:
Skole waar die program aangebied word en die fasiliteite beskikbaar by die skole;
bestuur van die projek; en die groep vrywillige werkers.
Voorstelle ten opsigte van die projek:
Aansporing; bestuur en ander logistieke.
Die navorser het elk van hierdie hooftemas geneem en met behulp van
proses/impakmatrikse is die data geïnterpreteer vir hierdie projek.
Uit hierdie matrikse is faktore geïdentifiseer en aanbevelings gemaak wat mag bydra
tot die verbetering van die projek, byvoorbeeld terugvoer na afloop van die uitvoering
van take is belangrik en moet spesifiek en individueel gerig wees. Wyer
toepassingsmoontlikhede van die bevindinge word ook voorgestel.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52838
Date12 1900
CreatorsBester, Juanita
ContributorsKapp, C.A., Stellenbosch University. Faculty of Education . Dept. of Education Policy Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format216 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds