Return to search

Gesinsherenigingsdienste vanuit die kinderhuis

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: An exploratory study was undertaken to examine the possibility of rendering family
reunification services from within children's homes. The goal of the study was to
make recommendations with regard to the implementation of this service by
children's homes.
A literature study was undertaken to investigate the effect of a child's statutory
removal, examine the existing government policy regarding children and families.
The theory and unique characteristics of family reunification services were also
investigated.
The social workers from the four children's homes in the Western Cape that are
managed by a commission of the Dutch Reformed Church were involved in the
empirical study. The social workers each had to complete a questionnaire
regarding their opinion about the rendering of family reunification services from
within the children's homes. The results showed that the majority of the social
workers were in favour of the rendering of family reunification services, but they felt
that it should be undertaken in conjunction with the external organizations, that
referred the children to them. Several obstacles in the rendering of this service was
also identified by this study. It was also found that the majority of the children in the
children's homes have been there for longer than two years, which further
accentuated the necessity of this service.
Based on the findings of the literature study, as well as the results of the empirical
study recommendations were made regarding the implementation of family
reunification services as a co-operative effort between the children's homes and
other relevant external organizations. These recommendations are applicable to
other children's homes with cognisance of their individual differences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: en Verkennende studie is onderneem om die moontlikheid te ondersoek vir die
lewering van gesinsherenigingsdienste vanuit die kinderhuis. Die uiteindelike doel
was om aanbevelings te maak ten opsigte van die implementering van hierdie
diens binne die kinderhuis se werksaamhede.
enLiteratuurstudie is onderneem om die effek van enkind se statutêre verwydering
te ondersoek, asook die staat se beleid ten opsigte van kinders en gesinne.
Ondersoek is ook ingestel na die teorie en die eiesoortige kenmerke van
gesinsherenigingsdienste as intervensiemetode.
Die maatskaplike werkers wat werksaam is by die vier kinderhuise in die Wes-
Kaap wat onder beheer van die N.G. Kerk se Sinodale Kommissie vir die Diens
van Barmhartigheid staan, is in die empiriese ondersoek betrek. Die maatskaplike
werkers het elkeen en vraelys voltooi om hulopinie te verkry omtrent die
haalbaarheid van gesinsherenigingsdienste vanuit kinderhuise. Die resultate het
getoon dat die meerderheid maatskaplike werkers positief gesind is jeens die
implementering van gesinsherenigingsdienste. Hierdie diens moet volgens die
respondente egter nie alleen vanuit die kinderhuis onderneem word nie, maar in
spanverband met die betrokke eksterne organisasies. Verskeie hindernisse in die
uitvoering van hierdie diens is identifiseer. Daar is ook bevind dat die meerderheid
van die kinders in die kinderhuise vir langer as twee jaar reeds in die kinderhuis se
sorg verkeer, wat die noodsaaklikheid van die diens verder beklemtoon het.
Op grond van die ondersoek en die reslutate is aanbevelings gemaak ten opsigte
van die implementering van gesinsherenigingsdienste vanuit die kinderhuis in
samewerking met die betrokke eksterne organisasies. Die aanbevelings van
hierdie ondersoek is van toepassing op kinderhuise in die algemeen met die
nodige in ag neming van hul individuele verskille.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52863
Date04 1900
CreatorsLerwick, Susan
ContributorsKruger, S. P., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format84 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0623 seconds