Return to search

Selfverwysing as supervisieproses : ontwikkeling van die interne supervisor

Text in Afrikaans / Die objek van studie in hierdie proefskrif is ietwat
ongewoon. Die studie is outobiografies en is gegrond op die
aanname dat daar tussen die psigoterapeut, sy geskiedenis, die
wetenskap (etnografie en tweede-orde kubernetika) en die
klient(e) 'n unieke patroonverband bestaan.
Die psigoterapeut in die platteland het weens afstand of
finansies nie altyd die voorreg om supervisie van 'n eksterne
supervisor te ontvang nie. In so 'n situasie kan selfsupervisie,
deurdat dit 'n proses van selfontdekking is, 'n belangrike rol in
die psigoterapeut se selfontwikkeling speel. Selfsupervisie
plaas die klem op die psigoterapeut as persoon en as terapeut;
oor wie hy is, waar hy vandaan kom en waarheen hy binne die
psigoterapeutiese proses op pad is.
Vir enige psigoterapeut is dit belangrik om na 'n hoer vlak
van psigoterapie te streef. Hierdie strewe impliseer 'n proses
van selfondersoek, delwing, selfevaluasie en disseksie. Hierdie
proses is aan die hand van dagboekinskrywings gedoen, waar die
psigoterapeut sy daaglikse ervarings en gebeurtenisse vanuit die
verlede interpreteer het. Dit plaas die psigoterapeut as
hoofspeler, met sy familiegeskiedenis en huidige interpersoonlike
opset as inherente deel van sy mondering, op die voorgrond. In
hierdie proses word die psigoterapeut sentraal geplaas met die
klem op eie verantwoordelikheid met betrekking tot die proses van
selfsupervisie.
Die probleme wat deur hierdie persoonlik gekleurde,
wetenskaplike studie aangespreek word, is probleme wat die
psigoterapeut deur middel van sy selfsupervisie ge1dentifiseer
het. So 'n selfondersoek lei tot 'n diepere selfkennis wat die
psigoterapeut tot voordeel van homself, sy gesinsisteem en
klientsisteem kan gebruik.
Hierdie studie is 'n poging om 'n nuwe wyse van navorsing te
identifiseer. Dit is omvattend en lei tot persoonlike vervulling
asook diepere selfkennis en is 'n man waardeur ander
psigoterapeute ook hulself en hul werelde kan ontdek. Dit is 'n
stadige en pynlike proses.
Hoofstukke 1 tot 4 is die teoretiese, wetenskaplike
beredenering van die studie en hoofstukke 5 tot 12 is 'n
uitbeelding van die geskiedenis van die psigoterapeut. Hoofstuk
13 plaas selfsupervisie as selfevalueringsmetode binne die
psigoterapeutiese beroep. / The object of this study somewhat unusual. The study is
an autobiography based on the assumption that there exists an
unique patterned connection between the psychotherapist, his
history, science (ethnography and second-order cybernetics), and
his clients.
Due to distance or financial problems, a rural
psychotherapist cannot experience the privilege of supervision
with an external supervisor. In such a situation selfsupervision
could play an important role in the self-development,
because it includes a search of self that will lead to more
effectiveness in psychotherapy. Self-supervision focuses on the
psychotherapist as a person and therapist, who he is, where he
comes from, and in what direction he, as a psychotherapist, is
developing within the psychotherapeutic process.
It is important to any psychotherapist to strive towards a
higher level of psychotherapy. This implies a process of selfinvestigation,
dissection and self-evaluation. This process was
conducted by means of diary entries in which the psychotherapist
interpreted his daily experiences and events in terms of his
past. This places the psychotherapist, with his family history
and current interpersonal situation, as intrinsic parts of
himself, in the foreground. In this process the psychotherapist
takes centre stage with emphasis on his responsibility concerning
the process of self-supervision.
The problems addressed by this personally coloured,
scientific study, are problems that the psychotherapist
identified through the process of self-supervision and
introspection. Such introspection leads to a deeper personal
knowledge which the psychotherapist can use to his own benefit
but also to the benefit of his family and client system.
This study is an attempt to identify a new way of research.
It is comprehensive and leads to personal fulfilment and deeper
self-knowledge and is also a method by which other
psychotherapists could discover themselves and their worlds. It
is a slow and painful process.
Chapters 1 to 4 comprise of the theoretical rationale of the
study and chapters 5 to 12 depict the history of the
psychotherapist. Chapter 13 situates self-supervision as a
method of self-evaluation in the profession of psychotherapy. / Psychology / D. Litt. et Phil.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17444
Date09 1900
CreatorsMeyer, Gert Frederick
ContributorsSnyders, Frederik Jacobus Albertus, 1946-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format1 online resource (vii, 220 leaves)

Page generated in 0.0018 seconds