Return to search

Weidingsbestuur in 'n semi-ariede omgewing met GIS : Paulshoek gevallestudie

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Grazing management in the semi-arid communal areas of Namaqualand is investigated in this study.
Paulshoek, situated in the Leliefontein Communal Reserve area, is delineated as the study area and
consists of 20 OOOha.Cattle farming is practised by most households primarily on a subsistence
basis. It is also used as a source of income when financial problems arise. The management of
grazing-land in terms of formal rules and regulations is non-existent with only mutual relationships
between farmers.
The aim of this study is to develop a spatial framework for the management of a sustainable grazing
regime with the aid of Geographic Information Systems (GIS) technology. This aim is reached
through three overlapping goals which are researched individually. The goals are to create a spatial
image of the physical resource base as well as resource usage and from this the development of a
computerised (Excel spreadsheet) spatial management framework for sustainable grazing
management. Through the use of existing data available from the National Botanical Institute (NB!)
as well as other sources and with the aid of GIS technology, coupled with Indigenous Knowledge,
these goals were reached. The stockpost as individual entity is studied to give a broader
understanding of how the herdsmen see their immediate environment. The grazing management
system, as presented in this thesis, consists of a simple Excel Spreadsheet, with inputs from GIS
technology and Indigenous Knowledge. The area is overgrazed, as is seen in the widespread
occurrence of kraalbos cross the Paulshoek landscape.
The recommendations are that this management system should be implemented, which could
minimize the futher overgrazing of the area. The management system relies heavily on the
cooperation of the community and the integration of existing management systems and policies. It
will give a more detailed account of who may own how many stock and where they may graze in
the communal rangelands which will also help in the establishment of new permanent waterpoints
in the area. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Weidingsbestuur in die semi-ariede gemeenskaplike gebiede van Namakwaland is in hierdie studie
ondersoek. Paulshoek, geleë in die Leliefontein Gemeenskapsreservaat gebied, word as
studiegebied afgebaken en beslaan ongeveer 20 OOOha.Veeboerdery word deur meeste van die
huishoudings primêr as bestaansboerdery beoefen. Dit word ook gebruik as 'n bron van inkomste
wanneer finansiële probleme ondervind word. Die bestuur van weivelde in terme van formele reëls
en regulasies is glad nie ter sprake nie, slegs onderlinge verhoudinge tussen veeboere bestaan.
Die doel van hierdie studie is om 'n ruimtelike raamwerk te ontwikkel vir die bestuur van 'n
volhoubare weidingsregime deur die aanwending van Geografiese Inligting Stelsels (GIS). Hierdie
doel word behaal deur drie oorkoepelende doelwitte wat elk afsondelik behandel word. Die
doelwitte is om 'n ruimtelike beeld van die fisiese hulpbronbasis asook die benuttingsregime van
die hulpbron te skep, en hieruit 'n rekenaar-gesteunde (Excel sigblad) ruimtelike bestuursraamwerk
vir volhoubare weidingsbestuur te ontwerp. Deur gebruik te maak van bestaande inligting afkomstig
vanaf Nasional Botaniese Instituut (NBI) asook ander bronne en met die koppeling van GIStegnologie
en Inheemse Kennis (IK) is die doelwitte bereik. Die veepos word as entiteit behandel
om 'n beter verstandhouding op te bou van hoe die veewagter sy onmiddelike omgewing bestuur.
Die weidingsbestuurstelsel, soos voorgestel in hierdie tesis, bestaan uit 'n eenvoudige Excel
sigblad, gekoppel aan GIS-tegnologie en Inheemse Kennis. Die gebied is oorbeweid, soos gesien
kan word aan die verspreiding van kraalbos regoor die landskap van Paulshoek.
Die aanbevelings is dat die bestuurstelsel geïmplementeer moet word om te verhoed dat die gebied
verder onderhewig sal wees aan intensiewe beweiding. Die bestuurstelsel berus op die samewerking
van die gemeenskap en die integrasie van bestaande bestuurstelsels. Dit sal tot gevolg hê 'n meer
volledige opname van wie hoeveel vee mag besit en wie waar mag vestig in die weiveld gebied, wat
gevolglik ook die skepping van nuwe permanente waterbronne sal vergemaklik.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50228
Date January 2004
CreatorsCombrink, A. P. (Adrian Peter)
ContributorsVan der Merwe, J. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept of Geography and Environmental Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format66 p. : ill., maps
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0011 seconds