Return to search

Die Britse vloot aan die Kaap, 1795-1803

Op 1 Mei 1967 kon die Suid-Afrikaanse vloot sy een-en- twintigste verjaardag vier. Bloedjonk dus, as weermagsdeel; maar eweneens belangrik as integrale deel van ons land se Weermag en as tydelike tuiste jaarliks van honderde dienspligtige jong Suid-Afrikaners. 'n Honderd twee-en-sewentig jaar tevore - op 11 Junie 1795 - het 'n eskader van die Britse vloot sy verskyning in Simonsbaai gemaak. Dit was die begin van 'n vlootverbintenis tussen Brittanje en die latere Suid-Afrika wat, met 'n onderbreking van net drie jaar (1803-6), tot 1957 besonder heg sou wees, en wat selfs sedert die oorname van Simonstad nog steeds bly voortbestaan danksy die sg. Simonstad-ooreenkoms. In hierdie verhandeling word die eerste agt jaar van die Britse vloot se verblyf aan die Kaap - die beginjare van hierdie "verbintenis" - van naderby beskou.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/18083
Date January 1967
CreatorsDe Villiers, Charl Jean
ContributorsAxelson, E
PublisherUniversity of Cape Town, Faculty of Humanities, Department of Historical Studies
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeMaster Thesis, Masters, MA
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.0022 seconds