Return to search

Op weg na 'n menswaardige samelewing : 'n teologies-etiese ondersoek na die korrelasie tussen 'n handves van menseregte en morele verantwoordelikheid

Thesis (D.Th.)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the possibility of building a more humane and dignified society and asked the pertinent question: what is the role of the bills of rights in building a more humane and dignified society? What is the role of moral responsibility in the creation of such a community? Is the correlation between these two initiatives conflicting or is it complimentary?
In searching for answers to the abovementioned questions, chapter two gives a short historical overview of the origin and development of the human rights idea. The purpose and nature of human rights as well as the different kinds of rights are discussed. This chapter also specifically surveys the development of how human rights in South Africa.
Chapter three evaluates the advantages of human rights in various contexts. Countries like Sweden and The Netherlands that have a long history of human rights are investigated. African countries like the Democratic Republic of the Congo, Kenya and South Africa are investigated to get a picture of human rights in Africa.
The theological basis of human rights is discussed in chapter four. Before the theological arguments for human rights are forwarded, the arguments against human rights and the ambiguous relation between theology and human rights are discussed. Hereafter it is shown that theological arguments from a trinitarian faith perspective, central biblical terminology such as justice, human dignity, equality and freedom can be motivated. It is also argued from the various church traditions that human rights can be theologically supported.
Chapter five argues that apart from the acceptance of a bill of rights, the theological support human rights enjoys, moral responsible people is necessary for building a more humane and dignified society. For this reason the ethics of responsibility is also explained. The role of laws are investigated as well as how the revising of laws can assist in the establishing a humane and dignified society. The role of moral formation is also discussed. The practise of the different community institutions such as business, media, statutory bodies and civil society are explained to indicate how it can help in this regard. The role of the political will is also discussed.
The study is concluded by stating the most important findings. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die moontlikheid van die daarstelling van ’n meer menswaardige samelewing en vra pertinent: wat is die rol van handveste van menseregte in die bou van ‘n menswaardige samelewing? Wat is die rol van morele verantwoordelikheid in die bou van ‘n menswaardige samelewing? Is die korrelasie tussen hierdie twee inisiatiewe konflikterend of komplimenterend?
In die soeke na antwoorde op bogenoemde vrae, bied hoofstuk twee ‘n kort historiese oorsig oor hoe die menseregte-idee ontstaan en ontwikkel het. Die doel en aard van menseregte sowel as die verskillende soorte menseregte word beskryf. In hierdie hoofstuk word spesifiek ook ondersoek ingestel na die ontwikkeling van menseregte in Suid-Afrika.
Hoofstuk drie ondersoek die vrug van menseregte in verskeie kontekste. Lande soos Swede en Nederland wat ‘n lang menseregte geskiedenis het, word ondersoek. Afrikalande soos die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia en Suid-Afrika word ondersoek om ‘n prentjie van menseregte in Afrika te kry.
Die teologiese begronding van menseregte word in hoofstuk vier aan die orde gestel. Alvorens die teologiese argumente ten gunste van menseregte gestel word, word die argumente teen menseregte en die dubbelsinnige verhouding tussen teologie en menseregte geskets. Hierna word daar aangetoon dat menseregte vanuit die trinitariese geloofsbekouing, sentrale bybelbegrippe soos geregtigheid, menswaardigheid, gelykheid en vryheid begrond kan word. Daar word ook vanuit die verskillende kerklike tradisies geargumenteer dat menseregte teologies ondersteun kan word.
Hoofstuk vyf toon dat benewens die aanvaarding van ‘n Handves van Menseregte en die teologiese ondersteuning wat daar vir menseregte is, moreel verantwoordelike mense ook nodig is vir die skep van ‘n meer menswaardige samelewing. Om hierdie rede word die etiek van verantwoordelikheid toegelig. Die rol van wette word ondersoek asook hoe die hersiening van wette kan meehelp in die daarstelling van ‘n menswaardige samelewing. Die rol van morele vorming word ook toegelig. Die praktyke van die verskillende samelewingsinstansies soos byvoorbeeld die sakesektor, media, statutêre liggame en die burgerlike samelewing word belig om aan te toon hoe dit kan meehelp in hierdie opsig. Die rol van die politieke wil word ook toegelig.
Die studie word afgesluit met ‘n uiteensetting van die belangrikste bevindinge.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/19446
Date03 1900
CreatorsKatts, Donald Jaftha
ContributorsKoopman, Nico, Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Systematic Theology and Ecclesiology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxiv, 174 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds