Return to search

Selfaktualiseringsbenadering tot bestuursukses binne 'n finansiële instelling

Hierdie proefskrif handel oor 'n selfaktualiseringsbenadering tot bestuursukses binne
'n finansiele instelling. Die stand punt word gehuldig dat bestuurders wat reeds hoer
vlakke van selfaktualisering bereik het oor die persoonlikheidskenmerke (intrapersoonlike,
interpersoonlike en werkskenmerke) beskik wat tot bestuursukses lei.
Hierdie standpunt, wat gegrond is op die uitgangspunte van die humanistiese
benadering, is nog nie in finansiele instellings nagevors nie.
Die volgende literatuurdoelstellings is in hierdie navorsing bereik:
'n Ge"integreerde beskouing van die vernaamste humanistiese persoonlikheidsteoriee,
wat dien as metateoretiese raamwerk vir hierdie navorsing, is daargestel.
- Die konsep selfaktualisering is omskryf en die persoonlikheidskenmerke van die
selfaktualiserende persoon is ge"identifiseer.
- Die konsep bestuursukses is omskryf en die persoonlikheidskenmerke van die
suksesvolle bestuurder is ge"identifiseer.
- Meetbare bestuursukseskriteria asook meetinstrumente vir die meet daarvan is
ge"identifiseer.
'n Psigometriese toetsbattery is saamgestel uit die Algemene Gesondheidsvraelys,
Verstandelike-helderheidstoets, Sestien-persoonlikheidsfaktorvraelys, Persoonlikeorienteringsvraelys,
Rottervraelys, RGN Gevallestudietegniek-enbesluitnemingsvraelys
en die Biografiese vraelys. Hierdie meetinstrumente is as
klassifikasieveranderlikes gebruik om die meetbare komponente van die konstruk
selfaktualisering by bestuurders van 'n finansiele instelling te meet.
Besuursukses, as kriteriumveranderlike, is met die prestasiebestuurevaluering- en
werknemer -effektiwiteitsvraelys gemeet.
Uit die statistiese analise (meervoudigeregressie-analise) blyk dit dat 15
klassifikasieveranderlikes met bestuursukses verband hou. Die meervoudige
korrelasie R (aangepas vir getal gevalle en getal klassifikasieveranderlikes) is gelyk
aan 0,54. Daar is dus in hierdie navorsing 'n verband gevind tussen die konsepte
selfaktualisering en bestuursukses soos gemeet by bestuurders van 'n finansiele
instelling.
Verskeie klassifikasieveranderlikes toon 'n paraboliese verband met bestuursukses.
Dit dui daarop dat 'n relatiewe aanwesigheid of sterkte van spesifieke
persoonlikheidskenmerke noodsaaklik is vir bestuursukses. lndien 'n sekere
optimale punt egter oorskry word, het dit 'n nadelige effek op bestuursukses.
Die gevolgtrekking word gemaak dat die evalueringstegnieke en psigometriese
instrumente wat in hierdie navorsing gebruik is en wat 'n verband (reglynig of
parabolies) met bestuursukses getoon het, binne die finansiele instelling gebruik kan
word om bestuurders met bestuurspotensiaal te identifiseer.
Aanbevelings is ten opsigte van die gebruikswaarde van die konsep selfaktualisering
vir die praktyk en vir verdere navorsing geformuleer. / This thesis examines the self-actualisation approach to management success within
a financial institution. The premise is that managers who have already reached high
levels of self-actualisation possess the personality traits (intrapersonal, interpersonal
and work traits) that lead to management success. This premise, which is based on
the points of view of the humanistic approach, has not yet been researched in a
financial institution.
The following literature objectives were achieved in this research:
- An integrated view of the major humanistic personality theories, which serve as
metatheoretic framework for this research, has been compiled.
- The concept of self-actualisation has been defined and the personality traits of the
self-actualising person identified.
- The concept of management success has been defined and the personality traits of
the successful manager identified.
- Measurable management success criteria as well as measuring instruments for
measuring these criteria have been identified.
A psychometric test battery has been compiled from the General Health
Questionnaire, Mental Alertness Test, Sixteen Personality Factor Questionnaire,
Personal Orientation Questionnaire, Rotter Questionnaire, HSRC Case Study
Technique and Decision-making Questionnaire and the Biographical Questionnaire.
These measuring instruments were used as classification variables to measure the
measurable components of the selj-actualisation construct among managers of a
financial institution.
Management success, as a criterion variable, was measured using the performance
management evaluation and employee effectiveness questionnaires.
From the statistical analysis (multiple-regression analysis) it is evident that 15
classification variables relate to management success. The multiple correlation R
(adjusted for number of cases and number of classification variables) equals 0,54.
A relation has therefore been found in this research between the concepts of selfactualisation
and management success as measured in managers of a financial
institution.
Several classification variables show a parabolic relation to management success.
This indicates that a relative presence or strength of specific personality traits is
essential for management success. However, when a certain optimal point is
exceeded, this has a detrimental effect on management success.
The conclusion is reached that the evaluation techniques and psychometric
instruments used in this research, which showed a relation (whether rectilineal or
parabolic) with management success, may be employed at a financial institution to
identify managers with management potential.
Recommendations in respect of the usefulness of the self-actualisation concept for
the practical environment and for future research were formulated. / Industrial and Organisational Psychology / DCom (Bedryfsielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18036
Date11 1900
CreatorsEsterhuizen, Petrus Michael
ContributorsCilliers, Frans
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xviii, 298 leaves)

Page generated in 0.0032 seconds