Met die gay-teks as primere objek van ondersoek, is daar in hierdie studie gekyk na die onderskeiding tussen hoofstroomen gay-literatuur. Die hipotese van hierdie studie is dat bogenoemde onderskeiding nie in aIle gevalle geregverdig kan word nie. Hierdie studie ontken nie die verskille tussen die gay-teks en hoofstroom-literatuur nie. Inteendeel, daar word kennis van die onderskeiding geneem. As vertrekpunt word die aard van die gay-teks ondersoek. Dit word gedefinieer as n geordende opeenvolging van sinne wat as n samehangende eenheid geproduseer en/of geinterpreteer word waarin homofiliteit n rol speel primer, sekonder, of bloat as 'n suggestie of sensibiliteit. Die verskil tussen gay- en hoofstroom-literatuur vind veral op tematiese vlak plaas waar die bogenoemde definisie duidelik van toepassing is. Die kern van die hoofstroom-teks bestaan daarin dat die teks grotendeels op die uitbeelding van 'n menslike kondisie fokus. Hierdie menslike kondisie behels ervaringe wat aIle mense met mekaar gemeen het. n Teks kan op verskeie vlakke geinterpreteer word. Met Edmund White se roman, A Boy's Own Story as proefteks, toon hierdie studie dat een teks as beide gay- en hoofstroom teks gelees kan word. Hiermee word bewys dat die gay-teks en hoofstroom-literatuur nie antonieme van mekaar hoef te wees nie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/19679 |
Date | January 1997 |
Creators | Van Rooyen, Ian William |
Contributors | Snyman, Henning |
Publisher | University of Cape Town, Faculty of Humanities, Afrikaans and Netherlandic Studies |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Master Thesis, Masters, MA |
Format | application/pdf |
Page generated in 0.0021 seconds