Thesis (PdD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: A Latin square of order n is an n×n array containing an arrangement of n distinct symbols with
the property that every row and every column of the array contains each symbol exactly once.
It is well known that Latin squares may be used for the purpose of constructing designs which
require a balanced arrangement of a set of elements subject to a number of strict constraints.
An important application of Latin squares arises in the scheduling of various types of balanced
sports tournaments, the simplest example of which is a so-called round-robin tournament — a
tournament in which each team opposes each other team exactly once.
Among the various applications of Latin squares to sports tournament scheduling, the problem
of scheduling special types of mixed doubles tennis and table tennis tournaments using special
sets of three mutually orthogonal Latin squares is of particular interest in this dissertation. A
so-called mixed doubles table tennis (MDTT) tournament comprises two teams, both consisting
of men and women, competing in a mixed doubles round-robin fashion, and it is known that
any set of three mutually orthogonal Latin squares may be used to obtain a schedule for such
a tournament. A more interesting sports tournament design, however, and one that has been
sought by sports clubs in at least two reported cases, is known as a spouse-avoiding mixed
doubles round-robin (SAMDRR) tournament, and it is known that such a tournament may be
scheduled using a self-orthogonal Latin square with a symmetric orthogonal mate (SOLSSOM).
These applications have given rise to a number of important unsolved problems in the theory
of Latin squares, the most celebrated of which is the question of whether or not a set of three
mutually orthogonal Latin squares of order 10 exists. Another open question is whether or not
SOLSSOMs of orders 10 and 14 exist. A further problem in the theory of Latin squares that
has received considerable attention in the literature is the problem of counting the number of
(essentially) different ways in which a set of elements may be arranged to form a Latin square,
i.e. the problem of enumerating Latin squares and equivalence classes of Latin squares of a given
order. This problem quickly becomes extremely difficult as the order of the Latin square grows,
and considerable computational power is often required for this purpose. In the literature on
Latin squares only a small number of equivalence classes of self-orthogonal Latin squares (SOLS)
have been enumerated, namely the number of distinct SOLS, the number of idempotent SOLS
and the number of isomorphism classes generated by idempotent SOLS of orders 4 n 9.
Furthermore, only a small number of equivalence classes of ordered sets of k mutually orthogonal
Latin squares (k-MOLS) of order n have been enumerated in the literature, namely main classes
of 2-MOLS of order n for 3 n 8 and isotopy classes of 8-MOLS of order 9. No enumeration
work on SOLSSOMs appears in the literature.
In this dissertation a methodology is presented for enumerating equivalence classes of Latin
squares using a recursive, backtracking tree-search approach which attempts to eliminate redundancy
in the search by only considering structures which have the potential to be completed
to well-defined class representatives. This approach ensures that the enumeration algorithm only generates one Latin square from each of the classes to be enumerated, thus also generating
a repository of class representatives of these classes. These class representatives may be used in
conjunction with various well-known enumeration results from the theory of groups and group
actions in order to determine the number of Latin squares in each class as well as the numbers
of various kinds of subclasses of each class.
This methodology is applied in order to enumerate various equivalence classes of SOLS and
SOLSSOMs of orders up to and including order 10 and various equivalence classes of k-MOLS
of orders up to and including order 8. The known numbers of distinct SOLS, idempotent SOLS
and isomorphism classes generated by idempotent SOLS are verified for orders 4 n 9, and in
addition the number of isomorphism classes, transpose-isomorphism classes and RC-paratopism
classes of SOLS of these orders are enumerated. The search is further extended to determine the
numbers of these classes for SOLS of order 10 via a large parallelisation of the backtracking treesearch
algorithm on a number of processors. The RC-paratopism class representatives of SOLS
thus generated are then utilised for the purpose of enumerating SOLSSOMs, while existing
repositories of symmetric Latin squares are also used for this purpose as a means of validating
the enumeration results. In this way distinct SOLSSOMs, standard SOLSSOMs, transposeisomorphism
classes of SOLSSOMs and RC-paratopism classes of SOLSSOMs are enumerated,
and a repository of RC-paratopism class representatives of SOLSSOMs is also produced. The
known number of main classes of 2-MOLS of orders 3 n 8 are verified in this dissertation,
and in addition the number of main classes of k-MOLS of orders 3 n 8 are also determined
for 3 k n−1. Other equivalence classes of k-MOLS of order n that are enumerated include
distinct k-MOLS and reduced k-MOLS of orders 3 n 8 for 2 k n − 1.
Finally, a filtering method is employed to verify whether any SOLS of order 10 satisfies two
basic necessary conditions for admitting a common orthogonal mate with its transpose, and it is
found via a computer search that only four of the 121 642 class representatives of RC-paratopism
classes of SOLS satisfy these conditions. It is further verified that none of these four SOLS
admits a common orthogonal mate with its transpose. By this method the spectrum of resolved
orders in terms of the existence of SOLSSOMs is improved in that the non-existence of such
designs of order 10 is established, thereby resolving a longstanding open existence question in
the theory of Latin squares. Furthermore, this result establishes a new necessary condition for
the existence of a set of three mutually orthogonal Latin squares of order 10, namely that such
a set cannot contain a SOLS and its transpose / AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Latynse vierkant van orde n is ’n n × n skikking van n simbole met die eienskap dat elke ry
en elke kolom van die skikking elke element presies een keer bevat. Dit is welbekend dat
Latynse vierkante gebruik kan word in die konstruksie van ontwerpe wat vra na ’n gebalanseerde
rangskikking van ’n versameling elemente onderhewig aan ’n aantal streng beperkings.
’n Belangrike toepassing van Latynse vierkante kom in die skedulering van verskeie spesiale
tipes gebalanseerde sporttoernooie voor, waarvan die eenvoudigste voorbeeld ’n sogenaamde
rondomtalietoernooi is — ’n toernooi waarin elke span elke ander span presies een keer teenstaan.
Onder die verskeie toepassings van Latynse vierkante in sporttoernooi-skedulering, is die probleem
van die skedulering van spesiale tipes gemengde dubbels tennis- en tafeltennistoernooie
deur gebruikmaking van spesiale versamelings van drie paarsgewys-ortogonale Latynse vierkante
in hierdie proefskrif van besondere belang. In sogenaamde gemengde dubbels tafeltennis (GDTT)
toernooi ding twee spanne, elk bestaande uit mans en vrouens, op ’n gemengde-dubbels rondomtalie
wyse mee, en dit is bekend dat enige versameling van drie paarsgewys-ortogonale Latynse
vierkante gebruik kan word om ’n skedule vir s´o ’n toernooi op te stel. ’n Meer interessante
sporttoernooi-ontwerp, en een wat al vantevore in minstens twee gerapporteerde gevalle deur
sportklubs benodig is, is egter ’n gade-vermydende gemengde-dubbels rondomtalie (GVGDR)
toernooi, en dit is bekend dat s´o ’n toernooi geskeduleer kan word deur gebruik te maak van ’n
self-ortogonale Latynse vierkant met ’n simmetriese ortogonale maat (SOLVSOM).
Hierdie toepassings het tot ’n aantal belangrike onopgeloste probleme in die teorie van Latynse
vierkante gelei, waarvan die mees beroemde die vraag na die bestaan van ’n versameling van
drie paarsgewys ortogonale Latynse vierkante van orde 10 is. Nog ’n onopgeloste probleem
is die vraag na die bestaan van SOLVSOMs van ordes 10 en 14. ’n Verdere probleem in die
teorie van Latynse vierkante wat aansienlik aandag in die literatuur geniet, is die bepaling
van die getal (essensieel) verskillende maniere waarop ’n versameling elemente in ’n Latynse
vierkant gerangskik kan word, m.a.w. die probleem van die enumerasie van Latynse vierkante
en ekwivalensieklasse van Latynse vierkante van ’n gegewe orde. Hierdie probleem raak vinnig
baie moeilik soos die orde van die Latynse vierkant groei, en aansienlike berekeningskrag word
dikwels hiervoor benodig. Sover is slegs ’n klein aantal ekwivalensieklasse van self-ortogonale
Latynse vierkante (SOLVe) in die literatuur getel, naamlik die getal verskillende SOLVe, die getal
idempotente SOLVe en die getal isomorfismeklasse voortgebring deur idempotente SOLVe van
ordes 4 n 9. Verder is slegs ’n klein aantal ekwivalensieklasse van geordende versamelings
van k onderling ortogonale Latynse vierkante (k-OOLVs) in die literatuur getel, naamlik die
getal hoofklasse voortgebring deur 2-OOLVs van orde n vir 3 n 8 en die getal isotoopklasse
voortgebring deur 8-OOLVs van orde 9. Daar is geen enumerasieresultate oor SOLVSOMs in
die literatuur beskikbaar nie.
In hierdie proefskrif word ’n metodologie vir die enumerasie van ekwivalensieklasse van Latynse
vierkante met behulp van ’n soekboomalgoritme met terugkering voorgestel. Hierdie algoritme
poog om oorbodigheid in die soektog te minimeer deur net strukture te oorweeg wat die potensiaal
het om tot goed-gedefinieerde klasleiers opgebou te word. Hierdie eienskap verseker dat
die algoritme slegs een Latynse vierkant binne elk van die klasse wat getel word, genereer, en
dus word ’n databasis van verteenwoordigers van hierdie klasse sodoende opgebou. Hierdie
klasverteenwoordigers kan tesame met verskeie welbekende groepteoretiese telresultate gebruik
word om die getal Latynse vierkante in elke klas te bepaal, asook die getal verskeie deelklasse
van verskillende tipes binne elke klas.
Die bogenoemde metodologie word toegepas om verskeie SOLV- en SOLVSOM-klasse van ordes
kleiner of gelyk aan 10 te tel, asook om k-OOLV-klasse van ordes kleiner of gelyk aan 8
te tel. Die getal verskillende SOLVe, idempotente SOLVe en isomorfismeklasse voortgebring
deur SOLVe word vir ordes 4 n 9 geverifieer, en daarbenewens word die getal isomorfismeklasse,
transponent-isomorfismeklasse en RC-paratoopklasse voortgebring deur SOLVe van
hierdie ordes ook bepaal. Die soektog word deur middel van ’n groot parallelisering van die
soekboomalgoritme op ’n aantal rekenaars ook uitgebrei na die tel van hierdie klasse voortgebring
deur SOLVe van orde 10. Die verteenwoordigers van RC-paratoopklasse voortgebring
deur SOLVe wat deur middel van hierdie algoritme gegenereer word, word dan gebruik om
SOLVSOMs te tel, terwyl bestaande databasisse van simmetriese Latynse vierkante as validasie
van die resultate ook vir hierdie doel ingespan word. Op hierdie manier word die getal
verskillende SOLVSOMs, standaardvorm SOLVSOMs, transponent-isomorfismeklasse voortgebring
deur SOLVSOMs asook RC-paratoopklasse voortgebring deur SOLVSOMs bepaal, en
word ’n databasis van verteenwoordigers van RC-paratoopklasse voortgebring deur SOLVSOMs
ook opgebou. Die bekende getal hoofklasse voortgebring deur 2-OOLVs van ordes 3 n 8
word in hierdie proefskrif geverifieer, en so ook word die getal hoofklasse voortgebring deur k-
OOLVs van ordes 3 n 8 bepaal, waar 3 k n−1. Ander ekwivalensieklasse voortgebring
deur k-OOLVs van orde n wat ook getel word, sluit in verskillende k-OOLVs en gereduseerde
k-OOLVs van ordes 3 n 8, waar 2 k n − 1.
Laastens word daar van ’n filtreer-metode gebruik gemaak om te bepaal of enige SOLV van
orde 10 twee basiese nodige voorwaardes om ’n ortogonale maat met sy transponent te deel
kan bevredig, en daar word gevind dat slegs vier van die 121 642 klasverteenwoordigers van
RC-paratoopklasse voortgebring deur SOLVe van orde 10 aan hierdie voorwaardes voldoen.
Dit word verder vasgestel dat geeneen van hierdie vier SOLVe ortogonale maats in gemeen
met hul transponente het nie. Die spektrum van afgehandelde ordes in terme van die bestaan
van SOLVSOMs word dus vergroot deur aan te toon dat geen sulke ontwerpe van orde 10
bestaan nie, en sodoende word ’n jarelange oop bestaansvraag in die teorie van Latynse vierkante
beantwoord. Verder bevestig hierdie metode ’n nuwe noodsaaklike bestaansvoorwaarde vir ’n
versameling van drie paarsgewys-ortogonale Latynse vierkante van orde 10, naamlik dat s´o ’n
versameling nie ’n SOLV en sy transponent kan bevat nie. / Harry Crossley Foundation / National Research Foundation
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/20038 |
Date | 03 1900 |
Creators | Kidd, Martin Philip |
Contributors | Van Vuuren, J. H., Burger, A. P., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Logistics. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 156 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0051 seconds