Return to search

Evaluering van kritiese en analitiese denke tydens verpleegintervensies : 'n retrospektiewe analise van verpleegrekords binne perinatalesorgdienste in geselekteerde hospitale in die Wes-Kaap

Study project (Mnutr) -- University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Quality nursing care is characterised by clinical decisions based on critical and analytical
thinking. The assessment, planning and implementation information which is used as basis
for decision making must be recorded in the patient's record/file. The questlon is rai_sed
whetherthe patient's record does indeed reflect critical and analytical thinking.
The focus on the midwife's practices during professional conduct hearings which relate to
intrapartum service delivery, led to the specific choice of population, namely intrapartum
services delivery in Levell hospitals in the Western Cape.
A non-experimental study whereby qualitative and quantitative data were collected, was
performed in six (6) Levell hospitals. Check lists were compiled to evaluate the structure
and facilities in which midwifery practice is executed. The records of 128 patients were
analysed to specifically investigate the nature and extent of critical and analytical decisionmaking
by midwives, and the extent to which the midwife really applies reflective
practices.
The results showed that record-keeping is not done optimally; that the partogram, which
- - ----
is a comprehensive evaluation of the progress of_lab_2~1isJ not used and that the records
did not indicate that the midwife applies critical and analytical thinking and acts
accordingly. Recommendationsare that the proposals for the improvement of intrapartum
service delivery, as made by Odendal (2004: ii-iv) and the Department of Health (2000:
42), are to receive immediate attention. It appears as if protocols and guidelines for
emergency action and general safe practices do exist, but are not enforced. Continued inservice
training receive priority attention.
Core words: critical analytical thinking; midwife's practice and practices; intrapartum care
service delivery / AFRIKAANSE OPSOMMING: Gehalte verpleegsorg word deur kliniese besluite wat op kritiese en analitiese denke
gegrond word gekenmerk. In die pasient se rekord moet die ramings-, beplannings- en
implementeringsgegewens gerekordeer word wat gebruik is as basis vir besluitneming.
Die vraag ontstaan egter of die pasient se rekord wei kritiese en analitiese denke
weerspieel.
Die fokus op die vroedvrou se praktyke in professionele gedragsake wat met
intrapartumsorgdienslewering verband hou, het tot die spesifieke keuse van die populasie,
naamlik intrapartumsorgdienste in vlak 1-hospitale in die Wes-Kaapaanleiding gegee.
'n Nie-eksperimentele studie waartydens kwalitatiewe en kwantitatiewe data ingesamel is,
is in ses (6) vlak 1- hospitale uitgevoer. Kontrolelyste is opgestel om die struktuur en
fasiliteite waarbinne vroedvroupraktyke plaasvind, te evalueer. Die rekords van 128
pasiente is ontleed om spesifiek ondersoek in te stel na die aard en omvang van kritiese
en analitiese besluitneming deur die vroedvrou, en tot watter mate die vroedvrou wei
weldeurdagte praktyke toepas.
Die resultate toon dat rekordhouding nie optimaal gedoen word nie; dat die partogram
wat 'n omvattende evaluering van die kraamverloop is, nie gebruik word nie, en dat daar
uit die rekords nie 'n aanduiding gevind kan word dat vroedvroue wei krities en analities
dink en optree nie. Aanbevelings is dat die voorstelle ter verbetering van
intrapartumsorgdienslewering 5005 gemaak deur Odendal (2004: iii-v) en die Departement
van Gesondheid (2000: 42), indringend aandag moet geniet. Dit wil voorkom asof
protokolle en riglyne vir noodoptrede en algemene veilige praktykvoering wei bestaan,
maar nie toegepas word nie. Voortgesette indiensopleiding moet as 'n prioritieit
aangespreek word.
Kernwoorde: kritiese analitiese denke; vroedvroupraktykvoering; vroedvroupraktyke,
intrapartumsorgdienslewering.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50348
Date12 1900
CreatorsGeldenhuys, Elizabeth Anisia
ContributorsWelmann, Barene, Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences-Medicine.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format251 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0017 seconds