Text in Afrikaans / Die probleem wat in hierdie studie aangespreek word, is die gebrek aan 'n didakties gefundeerde mediabenuttingstrategie vir afstandsonderwys. So 'n mediabenuttingstrategie behoort op 'n wetenskaplike ondersoek wat bestaande kennis en navorsing met 'n didaktiese besinning oor die moontlikhede en beperkinge van mediabenutting integreer, gebaseer te wees. Om hierdie probleem te oorkom word daar gepoog om 'n didakties verantwoorde grondslag vir die mediakundige ontwerp van mediabenutting in afstandsonderwys daar te stel waaruit 'n mediabenuttingstrategie vir afstandsonderwys saamgestel kan word wat ook binne die konteks van die Universiteit van Suid-Afrika toegepas kan word. Daar word dus vanuit 'n didaktiese perspektief na mediabenutting in afstandsonderwys gekyk. Daar word gepoog om aan te dui dat mediabenutting (van die mees eenvoudige tot die mees ingewikkelde) voorafgegaan behoort te word deur didakties gefundeerde mediakundige ontwerp. Eerstens word 'n aantal basiese uitgangspunte ten opsigte van didaktiese fundering en mediabenutting geformuleer. Die belangrikste aspekte wat aangespreek word, is die didaktiese situasie en mediabenutting, enkele
grondliggende didaktiese riglyne, leerervarings, leergeleenthede en leerstofverwerking. Hierdie aspekte word as die onderbou beskou waarop doeltreffende mediakundige ontwerp in afstandsonderwys gefundeer behoort
te word. Daarna word daar teen die agtergrond van didaktiese ontwerpmodelle, kommunikatiewe beeldeienskappe en media-eienskappe aangetoon dat mediakundige ontwerp 'n integrale deel van didaktiese ontwerp behoort te wees. 'n Uitgebreide model vir die beplanning van doeltreffende mediabenutting word daargestel om benut te kan word as 'n kontrole-instrument vir die mediakundige ontwerp van doeltreffende didaktiese gesprekke. In hierdie verband word daar klem gelĂȘ daarop dat 'n verskeidenheid van kundighede (vakinhoudelik, didaktiese fundering, afstandsonderwys, mediakundige antwerp, praktiese en tegniese mediakundige aspekte, en so meer) nodig is om op 'n doeltreffende wyse sinvolle mediabenutting tydens didaktiese gesprekke te verseker. Enkele aspekte rakende afstandsonderwys in die algemeen word daarna
vanuit 'n mediakundige perspektief ondersoek met verwysing na die kernaspekte wat in definisies en beskrywings van afstandsonderwys voorkom. Enkele aspekte, spesifiek ten opsigte van mediabenutting in
afstandsonderwys, word bespreek en 'n aantal tendense uit die literatuur word geidentifiseer. 'n Moontlike scenario ten opsigte van mediabenutting in afstandsonderwys word voorgestel met spesiale verwysing na die Universiteit van Suid-Afrika. Die tersiere afstandsonderwyssituasie en mediabenuttingsmoontlikhede in afstandsonderwys word ook binne die konteks van die Universiteit van Suid-Afrika verbesonder. Hieruit word
'n didakties verantwoorde strategiese plan vir mediabenutting aan die Universiteit van Suid-Afrika gesintetiseer. Laastens word aandag geskenk aan 'n aantal verbandhoudende bevindings, gevolgtrekkings en aanbevelings wat uit die studie voortvloei. Hierdie aspekte gee dan ook aanleiding tot aanbevelings vir toekomstige navorsing
binne die veld van mediabenutting in afstandsonderwys. / The problem addressed in this study is the lack of a didactically based strategy for media utilisation in distance education. A strategy such as this should be based on a scientific investigation integrating existing
knowledge and research with didactic reflection on the prospects for and limitations of media utilisation. To surmount this problem, an attempt is made to create a didactically responsible basis for media design for media utilisation in distance education. It is pointed out that media utilisation should be preceded by didactically based media design. First, a number of basic points of departure are formulated with regard to didactic grounding and media utilisation. The most important aspects that are addressed are basic didactic guidelines, learning experiences, opportunities for learning and the processing of the learning material. These aspects are regarded as the substructure on which effective media utilisation in distance education should be based. Next, against the background of didactic design models, communicative image characteristics and media characteristics, it is demonstrated that media design should be an integral part of didactic design. An expanded model for planning effective media utilisation is proposed. In this connection emphasis is placed on the need for a variety of skills in
order to ensure effective and significant media utilisation during didactic discourse. Some aspects of distance education in general are then investigated from a media-related perspective, with reference to the central aspects that appear in definitions and descriptions of distance education. Some aspects that specifically relate to media utilisation in distance education are discussed and a number of trends in the literature are identified. A proposal is made regarding a possible scenario regarding media utilisation in distance education, with special reference to the
University of South Africa. Tertiary distance education and the prospects for media utilisation in distance education are also highlighted within the context of the University of South Africa. Finally, attention is given to a number of related findings, conclusions and recommendations that emanate from the study. These aspects also lead to recommendations for future research within the field of media utilisation in distance education. / Curriculum and Instructional Studies / D. Ed. (Didaktiek)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15800 |
Date | 11 1900 |
Creators | Potgieter, Calvyn |
Contributors | De Munnik, E. O. (Evert O.) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (xxiii, 281 leaves) : illustrations |
Page generated in 0.0026 seconds