Return to search

'n Interdissiplinêre benadering tot die klasmusiekonderwys in Suid-Afrika

In hierdie tesis word 'n nuwe benadering tot klasmusiekonderwys in die R.S.A. bespreek. Die navorsing vervat in die tesis is vanaf 1984 tot 1992 gedoen. In 'n sekere sin verklaar die aanvangsdatum van die navorsing die feit dat die projek veral gerig is op die blanke onderwyssituasie aangesien die verskillende groepe se onderwysbelange volgens amptelike beleid grotendeels deur verskillende onderwysowerhede behartig is. Die blanke onderwysgerigtheid van die navorsingsontwerp ten spyt, is die uitgangspunte en die bevindings van die studie, veral ten opsigte van die rol en funksie van musiekopvoeding, sonder twyfel van toepassing op al die Suid-Afrikaanse gemeenskappe. In die opsig behoort die bevindings van die studie dus tot 'n groot mate ook die eise van musiekopvoeding veral vir 'n toekomsgerigte onderwys te kan ondervang juis omdat die vertrekpunt van die voorgestelde vemuwings en aanpassings in die musiekopvoeding die waardes en norme van gemeenskappe moet identiflseer en vertolk en terselfdertyd die beperkende effek daarvan moet teenwerk deur kulturele transenderings. Veral laasgenoemde is van groot belang in die multikulturele opset van die Suid-Afrikaanse gemeenskap waarin die musiekopvoeding juis 'n belangrike rol kan speel in die ontwikkeling van 'n onderlinge begrip en waardering tussen die verskillende kultuurgemeenskappe. In Afdeling A van die tesis word die huidige stand van klasmusiek bespreek en daar word op gewys dat, afgesien van 'n aantal sekondere faktore, die prirnere redes vir die nie-geslaagdheid van die vak, faktore soos die sillabusse, die opleiding van die onderwyser en die posisie van die vak in die kurrikulum is. Teenoor die huidige benadering van klasmusiek met al sy probleme word 'n ander benadering tot die onderwys in die a!gemeen en die klasmusiek in die besonder gestel, naamlik die interdissiplinere benadering met sy twee afdelings, naamlik die geesteswetenskappe en die kunstebenadering. Hierdie benaderings word bespreek soos wat dit in die V.SA. en Europa toegepas word, en daarna word 'n aangepaste benadering vir die R.S.A. ontwikkel ten opsigte van doelstellings,uitgangspunte, riglyne, metodiek en tegniek. In Afdeling B volg die empiriese navorsing wat ten opsigte van die interdissiplinere benadering in die R.S.A. gedoen is, en drie lesreekse, soos beplan vir Standerd 6 en 7; Standerd 8 en vir Standerd 9 en 10 word bespreek. As deel van elke lesreeks word die wordingstand van elke ouderdomsgroep bespreek en in gedagte gehou by die saamstel van hierdie lesreekse. Elke lesreeks bestaan uit 3-4 volledig uitgewerkte lesse wat insluit: hulpmiddels (kunsvoorbeelde, musiekvoorbeelde, gedigvoorbeelde ensomeer), beknopte aantekeninge vir die onderwyser, 'n bronnelys en 'n klankkasset met die nodige klankillustrasies soos waarna in die lesse verwys word. In Afdeling C word die resultate van 'n steekproef bespreek wat gedoen is in verskeie skole in die vier provinsies van die R.S.A. Met hierdie steekproef is beoog om die reaksies van leerlinge en onderwysers te toets ten opsigte van hierdie nuwe voorgestelde, en aangepaste interdissiplinêre benadering. Die lesreekse wat deel vorm van Afdeling B is as basis deur die onderwysers gebruik, maar hul was vry om eie idees te ontwikkel en te gebruik. Die reaksies van die leerlinge en die onderwysers word in die vorm van tabelle en besprekiogs aangedui, en aanbevelings van die leerlinge en die onderwysers word aangetoon. Die tesis word afgesluit met addendums tot die verskillende hoofstukke asook volledige bibliografiese besonderhede.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:2640
Date January 1993
CreatorsHendrikse, Salóme
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, Music and Musicology
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Doctoral, PhD
Format329 leaves, pdf
RightsHendrikse, Salóme

Page generated in 0.0015 seconds