Return to search

Ekologiese studie van die ontbinding van begrondse plantreste in die Nylsvleysavanne-Ekosisteem

Die ontbinding van blaarmateriaal is onder gekontroleerde
en natuurlike toestande, soos gevind in die Nylsvleysavanne,
ondersoek. As kriteria van ontbinding is massa-afname,
chemiese samestelling, kiembare propaguletellings, ATP-inhoud
en CO2-produksie van die plantreste gebruik. Die
invloed van fisiese faktore (vog, temperatuur en substraat
partikelgrootte) en chemiese faktore (suiker, hemisellulose,
sellulose, lignien, stikstof, fosfor en kalium) op mikrobeaktiwiteit
in plantreste is bestudeer.
Die vernaamste bevindings is soos volg:
1. Drie groepe van plantreste kan op grand van hulle ontbindingstempo's
onderskei word, naamlik 'n vinnig - (Digitaria eriantha en eragrostis pallens),
'n medium stadig- (Terminalia servicea, Combretum molle en Grewia
filavescens) en 'n stadig- onttbindende groep (Ochna pulchra en Burkea africana).
Die vinnig-ontbindende groep se massa het na die
eerste jaar van ontbinding met 60% afgeneem terwyl
die ooreenstemmende waardes vir die medium stadig- en stadig. In die veld- en laboratoriumstudie is gevind dat die ontbindende groep 26% en 11% onderskeidelik was.
2. In die veld-en laboratoriumstudie is gevind dat die suiker- en hemisellulosekonsentrasie positief gekorreleerd was met die ATP-inhoud maar dat die
sellulose- en lignienkonsentrasie 'n negatiewe verband met
ATP vertoon het. In die laboratoriumstudie is hierdie tendens ook vir die CO2-produksie van die plantreste opgemerk. Die invloed van organiese verbindings op
die CO2-produksie in die veldstudie was egter verskillend aangesien die suikerkonsentrasie ook negatief gekorreleerd was met die CO2-produksie.
3. Kiembare propaguletellings, in teenstelling met ATP essaiëring of CO2-metings, was van weinig waarde as
indeks van ontbindingstempo's.
4. Die verband tussen vog en mikrobe-aktiwiteit was
logaritmies in die veldstudie en lineêr in die laboratoriumstudie.
5. Die simulasiemodel wat opgestel is vir die ontbinding
van plantreste in strooiselsakkies, het 'n goeie ooreenstemming
met eksperimentele data gelewer. Die ouderdom
van plantreste kon met behulp van hierdie model
afgelei word. Gedurende die studie het enkele vrae opgeduik waarvoor geen
definitiewe antwoorde voorsien kon word nie, naamlik: (i) die bydrae van die aktiwiteite van invertebrate tot ontbinding;
(ii) die wisselwerking tussen chemiese verbindings se
invloed op mikrobe-aktiwiteit; en
(iii) die effek van populasiesuksessie op die ATP/CO2-
verhouding. / Thesis(DSc)--University of Pretoria, 1980 / gm2013 / Plant Science / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/32458
Date January 1980
CreatorsBezuidenhout, Johannes Jurgens
ContributorsSteyn, P.L., Morris, J.W.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 1980 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0016 seconds