Return to search

'N Ondersoek na skoolgebaseerde onderwysersopleiding in die Zoeloelandstreek van Kwazulu-Natal

Konvensionele onderwysersopleidingsmodelle voorsien te min toetreders tot die onderwysprofessie en daar word beweer dat baie van die onderwysers in die onderwyssisteem nie van die kwaliteit is wat verlang word nie.
Voltydse skoolgebaseerde onderwysersopleiding, as alternatief vir residensiële onderwysersopleiding, kan moontlik hierdie gaping vul, maar daar is baie vrae rakende die skoolgebaseerde onderwysersopleidingsmodel ten opsigte van die kwaliteit, effektiwiteit en bestuursaspekte daarvan.
Die doel van hierdie studie is om ’n ondersoek te doen na die ervaringe en belewenisse van spesifieke betrokkenes by skoolgebaseerde onderwysersopleiding in die Zoeloelandstreek van KwaZulu-Natal.
Deur gebruik te maak van die narratiewe navorsingsontwerp, word data ingesamel deur middel van semigestruktureerde onderhoude en reflektiewe joernaalinskrywings.
In hierdie studie word bevind dat skoolgebaseerde onderwysersopleiding as alternatief vir residensiële onderwysersopleiding nie sonder uitdagings is nie, maar dat dit moontlik ’n bydrae kan lewer om die onderwyserstekort in die Zoeloelandstreek van KwaZulu-Natal, die hoof te bied. Dit bied ook aan potensiële onderwysers in die plattelandse gebiede, wat nie residensiële onderwysersopleiding kan bekostig nie, die geleentheid om deur middel van praktiese onderwysersopleiding as onderwysers te kwalifiseer.
Produktiwiteit, kennis en vaardighede van alle betrokkenes by skoolgebaseerde onderwysersopleiding word verhoog en dit bied ’n hoër opbrengs op die belegging wat die skool in sy menslike kapitaal maak. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Education Management and Policy Studies / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/36768
Date January 2013
CreatorsTruter, Anna Magrietha
ContributorsVan Rooyen, J. W., marianne@ion.co.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeMini Dissertation
Rights© 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0016 seconds