Return to search

An investigation into the internal structure of the unit performance construct as measured by the performance index (PI)

Assignment (MA)--University of Stellenbosch, 2002 / ENGLISH ABSTRACT: The responsibility for the performance of any organisational unit ultimately lies with the
leadership of the unit. Given this perceived pivotal role of leadership in work unit
performance, the ultimate objective is to capture the nature of the presumed relationship
between leadership and unit performance in a comprehensive structural model. To
validate such a leadership model, however, requires an explanation of the manner in
which the unit performance dimensions affect each other. Spangenberg and Theron
(2002b) developed a generic, standardized unit performance measure (PI) that
encompasses all the unit performance dimensions for which the unit leader could be held
responsible.
The objective of this paper is to investigate the internal structure of the PI in order to
establish the inter-relationships between the eight unit performance latent variables. The
PI consists of 56 questions covering eight dimensions. The validation sample consisted
of 304 completed PI questionnaires. However, after imputation 273 cases with
observations on all 56 items remained in the validation sample. Item analysis and
dimensionality analysis was performed on each of the sub-scales using SPSS.
Thereafter, confirmatory factor analysis was performed on the reduced data set using
LISREL. The results indicated satisfactory factor loadings on the measurement model.
Acceptable model fit was achieved for the measurement model. Subsequently, the
structural model was tested using LISREL. The results provided statistics of good fit.
Only four hypotheses failed to be corroborated in this study.
Conclusions were drawn from the results obtained and suggestions for further research
are made. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die prestasie van enige organisatoriese werkeenheid is die uiteindelike
verantwoordelikheid van die leierskap van die eenheid. Gegewe hierdie waargenome
sleutelrol van leierskap in werkeenheidprestasie, is die uiteindelike doelwit om die aard
van die veronderstelde verwantskap tussen leierskap en eenheidprestasie in 'n
omvattende strukturele model vas te lê. Die validering van so 'n leierskapmodel vereis
egter 'n uiteensetting van die wyse waarop die eenheidprestasie-dimensies mekaar
onderling beïnvloed. Spangenberg en Theron (2002b) het 'n generiese,
gestandaardiseerde eenheidprestasie-meetinstrument (PI) ontwikkel wat al die
eenheidprestasie-dimensies insluit waarvoor die leier van die eenheid verantwoordelik
gehou kan word.
Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die interne struktuur van die PI
ten einde die inter-verwantskappe tussen die agt eenheidprestasie latente veranderlikes
vas te stel. Die PI bestaan uit 56 vrae wat die agt dimensies dek. Die validasiesteekproef
bestaan uit 304 voltooide PI vraelyste. Na vervanging van ontbrekende waardes is die
validasiesteekproef egter gereduseer tot 273 gevalle met waarnemings op al 56 items.
Item-ontleding en dimensieanalise is op elk van die sub-skale met behulp van SPSS
gedoen. Daaropvolgend is bevestigende faktor-analise op die verkorte datastel gedoen
met behulp van LISREL. Die passingstatistieke het hier aanvaarbare resultate opgelewer.
Vervolgens is die strukturele model met behulp van LISRELgetoets. Die resultate het hier
bevredigende passingstatistieke gelewer. Daar kon vir slegs vier hipoteses nie steun
gevind word in die studie nie.
Op grond van die resultate is daar tot bepaalde gevolgtrekkings gekom en daar word
aanbevelings vir verdere navorsing gemaak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52679
Date12 1900
CreatorsHenning, Roline
ContributorsTheron, C.C., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format42 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds