Return to search

Kabaret as sosiale en politieke kommentaar : 'n ontleding van die aanwending van die komiese, satire en parodie

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines cabaret in South Africa, and more particularly the use of a
personation in cabaret. Cabaret employs a variety of comedic forms that combine to
comment on social and political issues. The personation is often a manifestation of
current social and political values, and the cabaretist uses such personation to
deride these values and expose society. Themes such as human nature and life are
foregrounded by means of comedy, parody and satire in order to highlighted
weaknesses and malpractices.
The personation often serves as a shield, affording the cabaretist the freedom of
speech to assume a critical stance; it serves as a mouthpiece for enquiring societal
mores and norms. The cabaretist not only entertains the audience in a comical way,
but also strives to make audiences aware of social and political irregularities.
Comedy, parody and satire are found in various forms of entertainment and
literature, but in the cabaret genre it is purposefully applied to voice socio-political
criticism. The success of cabaret is indebted to each caberetist’s unique style. South
African performers such as Pieter-Dirk Uys, Casper de Vries and Hennie Aucamp
apply these means successfully to entertain their audiences and encourage
reflection.
The cabaret persona, drawing upon comedic devices, is used to present reality as
opposed to the human ideal, while treating the audience to a lighter view of life.
Apart from the fact that cabaret, like comedy, parody and satire, is difficult to define,
these forms often overlap, as they serve the same purpose, namely to entertain and
to comment. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek kabaret in Suid-Afrika en in die besonder die gebruik van ’n
karakter in kabaret as sosiale en politiese kommentator. Kabaret gebruik ’n
verskeidenheid komiese vorme wat saamspan om sosiale en politieke kommentaar
te lewer. Die karakter verteenwoordig dikwels ’n gemeenskap se sosiale en politieke
waardes en die kabarettis gebruik so ’n karakter om hierdie waardes te bespot en
kommentaar op die gemeenskap te lewer. Temas soos die menslike natuur en die
lewe word met behulp van die komiese, parodie en satire in die kalklig geplaas om
swakhede en wanpraktyke te beklemtoon.
Die karakter dien ook dikwels as ’n skild waaragter ’n kabarettis skuil en waarmee hy
sodoende vryheid van spraak verkry met die doel om te kritiseer; dit dien as
spreekbuis vir sosiale waardes en norme. Die kabarettis vermaak nie net ’n gehoor
op komiese wyse nie, maar probeer ook om die gehoor van sosiale en politieke
wantoestande bewus te maak.
Die komiese, parodie en satire kom in verskeie vorme van vermaak en die literatuur
voor, maar in kabaret word dit doelgerig as middel gebruik om sosio-politiese
kommentaar te lewer. Die sukses van kabaret word gemeet aan elke kabarettis se
unieke styl. Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Pieter-Dirk Uys, Casper de Vries en
Hennie Aucamp slaag daarin om hierdie middele aan te wend en sodoende hul
gehore te vermaak en tot nadenke te stem.
Die kabaret-karakter word met behulp van komiese vorme aangewend om die
werklikheid teenoor die menslike ideaal op te weeg en aan gehore ’n ligter sy van die
lewe te wys.
Buiten dat kabaret en ook die komiese, parodie en satire moeilik gedefinieer kan
word, oorvleuel hierdie vorme dikwels en word dit vir dieselfde doel gebruik, naamlik
om te vermaak en kommentaar te lewer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21990
Date03 1900
CreatorsVan Zyl, Annelie
ContributorsKruger, M. S., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Drama.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatvii, 111 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.008 seconds