Return to search

The development of a critical practice in post-apartheid South African photography

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: South African photography in the 20th century was dominated by the documentary genre.
This genre has its roots in 19th century Modernist and colonialist belief in the accuracy of
the camera as a tool of representation, and faith in the camera's objectivity and ability to
present empirical evidence and 'truth'. These positivist notions were carried into South
African documentary practice during the apartheid era. Apartheid-era South African
documentary photography was particularly focused on exposing the socio-political ills of
apartheid in order to gain support for the liberation movement, both locally and abroad. It
was serious and didactic in its purpose and did not allow for creative responses to the
medium, as the camera was seen as a 'weapon' of the struggle.
The 1990s saw the beginning of the emergence of a liberated South Africa. The
documentary imperative to record and expose apartheid practices was now increasingly
redundant. Photographers, particularly after the elections, were faced with a 'crisis' of
sorts in documentary as the main focus of their subject had been removed. The upshot of
this was that documentary photographers had to find new subjects, which they had to
approach in different ways.
The arrival of Postmodernism in South Africa coincided with the demise of apartheid. It
had in essence been kept at bay by what seemed to be the more pressing issues of the
struggle. Postmodern art and its theoretical base, post-structuralism, argued for an erosion
of the previously fixed concepts of genre, and allowed for the mixing of the previously
separate categories of 'documentary' and 'art'. There was a radical questioning of
previously fixed constructs of race, identity, class and gender. The erosion of the
documentary imperative to record allowed for more creative responses to the medium
than ever before. Artists were able to experiment technically, with video, multi-media,
digital photography, historical processes, colour, composite work and interactive pieces.
In this thesis I explore the above-mentioned shift and situate my practical work within
this contemporary paradigm. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Op die gebied van fotografie is die toneel in Suid-Afrika in die 20ste eeu deur die
dokumentêre genre oorheers. Die genre het sy oorsprong in 'n Modernistiese en
kolonialistiese, 19de-eeuse siening, naamlik dat die kamera 'n objektiewe en akkurate
voorstellingsmiddel is waarmee empiriese bewyse ingesamel en die "waarheid"
uitgebeeld kan word. Hierdie positiwistiese uitkyk is tydens die apartheidsjare op die
dokumentêre praktyk in Suid-Afrika oorgedra. Tydens hierdie era was dokumentêre
fotografie daarop gemik om die sosiopolitieke euwels van Suid-Afrika onder apartheid
bloot te lê, ten einde sowel binnelands as buitelands vir die bevrydingsbewegings steun
te werf Met hierdie gewigtige en didaktiese doel voor oë, was daar min ruimte vir 'n
kreatiewe hantering van die medium, aangesien die kamera as 'n "wapen" in die stryd
teen apartheid gesien is.
Die 1990's het die begin van Suid-Afrika se bevryding ingelui. Die dokumentêre
imperatief om apartheidsdade op rekord te stel en aan die groot klok te hang, het
vervaag. Fotograwe het 'n soort "krisis" in die gesig gestaar, veral na die verkiesing,
want die onderwerp van hulle fokus het verdwyn. Die resultaat was dat dokumentêre
fotograwe nuwe temas moes vind, wat hulle vanuit 'n ander oogpunt moes benader.
In Suid-Afrika het die koms van Postmodernisme met die ondergang van apartheid
saamgeval. Voorheen is dit in wese oorskadu deur oënskynlik belangriker kwessies
rondom die "struggle". Postmoderne kuns en die teoretiese grondslag daarvan, naamlik
post-strukturalisme, bepleit 'n beweging weg van die vaste begrip van genre wat
voorheen gegeld het. Hiervolgens raak 'n vermenging van die voorheen afsonderlike
kategorieë 'dokumentêr' en 'kuns' moontlik. Dit bring ook 'n radikale bevraagtekening
mee van die konstrukte ras, identiteit, klas en geslag, wat voorheen as vaste indelings
beskou is. Die verflouing van die dokumentêre imperatief om dinge op rekord te stel,
maak dit moontlik om op 'n meer kreatiewe wyse as ooit tevore met die medium om te
gaan. Kunstenaars kan nou met die tegniese sy van fotografie eksperimenteer: video,
multimedia, digitale fotografie, historiese prosesse, kleur, saamgestelde werke en
interaktiewe stukke.
In hierdie tesis kyk ek op verkennende wyse na die veranderings waarna hierbo verwys
word, en situeer ek my praktiese werk binne hierdie kontemporêre paradigma.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52508
Date03 1900
CreatorsJosephy, Svea Valeska
ContributorsArnold, M., Ractliffe, J., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Visual Arts.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format271 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds