Return to search

n Kritiese evaluering van die sosio-ruimtelike implikasies van die Lentegeur hospitaalkompleks.

Magister Artium - MA / Die fokuspunt van hierdie studie is die impak van die Lentegeur Hospitaal op die plaaslike inwoners. Omdat daar gewoonlik 'n stigma aan geestesinrigtings kleef, wou daar met hierdie studie vasgestel word wat die inwoners se persepsie van die Lentegeur Hospitaal is. Dieselfde konsepte waarmee Dear (1980) gewerk het, is ook in hierdie studie gebruik, nl. afstandsverval, ruimtelike esternaliteitsveld, intensiteit, impak en eksternaliteitsbron. Vir die doel van hierdie studie is van beide kwalitatiewe (onderhoude) en kwantitatiewe (vraelyste)' navorsingsmetodes gebruik gemaak om die empiriese data te verkry. Deur altwee metodes te gebruik, word die beperkinge van 'n enkele metode ten minste gedeeltelik oorkom. Sodoende kon die persepsies van die plaaslike inwoners ten beste verwoord word. Alhoewel daar ook na ander perspektiewe gekyk word, vorm die politiek-ekonomie die dominante teoretiese raamwerk. Hierdie paradigma dien as 'n verwysingsraamwerk waarbinne die toestande in 'n land soos Suid-Afrika bestudeer kan word; en wat ook verklaringsmoontlikhede
bied vir die politieke en ekonomiese ongelykhede in die land. Die belangrikste bevindinge van hierdie ondersoek is soos volg: Die oorheersende persepsie van die inwoners ten opsigte van die hospitaal is positief. Dus is die aanname dat geestesinrigtings noodwendig 'n negatiewe impak moet hĂȘ, deur hierdie studie verkeerd bewys. Alhoewel gemeenskapsleiers die noodsaaklikheid van 'n algemene hospitaal gepropageer het, was niemand gekant teen Lentegeur Hospitaal nie. Hierdie positiewe ingesteldheid teenoor die hospitaal kan tot 'n groot mate toegeskryf word aan: die aantreklike struktuur van die inrigting; die fasiliteite van die hospitaal wat aan die inwoners beskikbaar gestel word; die feit dat die hospitaal 'n belangrike werkverskaffer is; en en baie van die inwoners behandeling by die hospitaal ontvang / South Africa

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7481
Date January 1993
CreatorsSaayman, Daniel Bernardus
ContributorsRedlinghuis, A C
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0018 seconds