Return to search

The functional analysis of Vitaceae polygalacturonase-inhibiting protein (PGIP) encoding genes overexpressed in tobacco

Thesis (MScAgric (Viticulture and Oenology. Wine Biotechnology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Agriculture worldwide is under great pressure to produce enough food in order to sustain the
ever-growing world population. Among the many challenges faced by food producers, crop
losses and damage caused by fungal plant pathogens is a major problem. The study of fungal
pathogens and the interaction between plants and fungi is therefore essential, and has been
carried out for many years. Much has been learned in this time, but the full mechanisms of the
various modes of fungal attack and plant defence have still not been elucidated.
Many fungi rely on the action of cell-wall degrading enzymes (CWDEs) to breach the
plant cell wall and facilitate access to the nutrients within. CWDEs are among the very first
enzymes to be secreted at the start of fungal attack, and many of them are considered to be
essential pathogenesis factors. Endopolygalacturonases (ePGs) are CWDEs that cleave the
homogalacturonan stretches of the plant cell wall and are vital virulence factors for a number of
fungi, including Botrytis cinerea. An important defence mechanism of plants involves the
inhibition of CWDEs in order to halt or slow down the fungal attack. Plant polygalacturonaseinhibiting
proteins (PGIPs) are cell wall associated CWDE-inhibiting proteins that specifically act
on fungal ePGs. Many different PGIPs from a number of diverse plant species have been
described to date. They are known to have differential inhibition capabilities that often result
from only a few key amino acid changes within the leucine-rich repeat (LRR) active domains.
Previously, the first grapevine PGIP was isolated and characterised from Vitis vinifera
cultivar Pinotage (Vvpgip1). This Vvpgip1 gene was overexpressed in the tobacco species
Nicotiana tabacum, and was shown to be very effective in reducing the susceptibility of tobacco
towards B. cinerea. The combined results confirmed transgene overexpression, increased PGIP
activity and a strong resistance response against Botrytis, leading to the characterisation of
these lines as having PGIP-specific resistance phenotypes. In a subsequent transcriptomic
analysis of these lines it was found that they display differential expression of cell wall
metabolism genes and biochemical characteristics that might indicate possible cell wall
strengthening compared to wild-type tobacco under uninfecting conditions.
The V. vinifera cultivars are all very susceptible to fungal attack, whereas other
grapevine species, specifically the North American Vitis species, are known for their strong
resistance and even immunity against many fungal pathogens. Thirty seven PGIPs have
previously been isolated from these more resistant species. The amino acid sequences of the
active domains of these PGIPs were previously aligned with that of VvPGIP1, and the proteins
were found to be highly homologous with each other and with VvPGIP1. The different nonvinifera
PGIPs separated into 14 subgroups based on their active domain sequences. For this
study, one PGIP from each group was selected for functional analysis in tobacco.
The selected PGIP-encoding genes were transformed into tobacco by means of
Agrobacterium tumefaciens. Analyses of the putatively transformed plantlets were performed to
test for transgene presence, transgene expression, and PGIP activity: final transgenic tobacco
populations consisting of three to twelve individually transformed lines of nine different nonvinifera
PGIPs were obtained. A subset of the resultant transgenic lines was infected with B.
cinerea in two independent whole plant infections over 11-14 days in order to investigate the
disease resistance afforded by the various PGIPs towards this fungus. A line from the
previously characterised VvPGIP1 population was included as reference; all the infections were
contrasted to the WT tobacco. All the infected lines overexpressing the non-vinifera PGIPs
displayed very strong disease reduction in comparison to the WT control: after initial primary
lesion formation, the spread of fungal infection was contained and halted in these lines, while
wild-type tobacco plants were severely affected. Although the VvPGIP1 line displayed the characteristic PGIP-defense response, the non-vinifera PGIP plants displayed smaller lesions,
indicating very strong resistance phenotypes.
The characterised non-vinifera PGIP overexpressing lines, together with the VvPGIP1
line and the WT control were also used to further evaluate the previous observation that
overexpression might lead to changes in expression of cell wall genes. Analysis of the
expression of a xyloglucan endotransglycosylase (xth) gene in the transgenic population
showed that this gene was down-regulated in healthy uninfected tissue from all the transgenic
lines tested. This confirmed previous results and have confirmed in all grapevine PGIP
overexpressing lines tested so far that this gene is downregulated. XTH is typically involved in
cell wall metabolism and specifically in controlling the strength and elasticity of the plant cell
wall. From previous work it is known that downregulation of this gene leads to strengthening of
the wall.
The results obtained in this study showed that the PGIP-specific resistance phenotype
seen for VvPGIP1-overexpressing tobacco could be confirmed in transgenic tobacco
overexpressing non-vinifera PGIPs from more resistant grapevine species as well. The fact that
these PGIPs lines all performed even better than the VvPGIP1 lines in conferring resistance
towards B. cinerea provides an interesting angle for further investigation into the structural
differences between the non-vinifera PGIPs and VvPGIP1. The transgenic lines are also
excellent material to study the in vivo functions of PGIPs further in the context of plant-pathogen
interactions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die landboubedryf is wêreldwyd onder groot druk om genoeg voedsel te produseer vir die
groeiende wêreldbevolking. Een van die grootste probleme wat die bedryf ondervind, is die
groot skade wat aan gewasse aangerig word deur patogeniese swamme. Dit is dus noodsaaklik
om swamme en die interaksie tussen plante en swamme te bestudeer, en dit word al vir jare
gedoen. Hoewel daar al baie geleer is in hierdie tydperk, is die volle meganismes van die
verskeie maniere hoe swamme aanval en hoe plante hulleself verdedig, nog nie bekend nie.
Verskeie swamme maak staat op die aktiwiteit van selwand-afbrekende ensieme
(SWAEe) om deur die plantselwand te breek en sodoende toegang tot voedingstowwe in die
plantsel te fasiliteer. SWAEe is van die eerste ensieme wat tydens die begin van patogeniese
aanval deur swamme afgeskei word en verskeie SWAEe word as noodsaaklike patogeniese
faktore beskou. Endopoligalakturonases (ePGs) is SWAEe wat die homogalakturoniese dele
van die plantselwand verteer en is noodsaaklike virulensie faktore vir ‘n aantal swamme, onder
andere Botrytis cinerea. ‘n Belangrike weerstandsmeganisme van plante behels die inhibering
van swam SWAEe om sodoende die patogeen-aanval te stop of te vertraag. Die
poligalakturonase-inhiberende proteïne (PGIPs) van plante is selwand-geassosieerde SWAEinhiberende
proteïne wat spesifiek teen swam ePGs optree. Verskeie verskillende PGIPs vanuit
verskillende plantspesies is tot dusver beskryf. Dit is bekend dat hulle differensiële inhiberende
vermoëns het wat dikwels toegeskryf kan word aan slegs ‘n paar belangrike
aminosuurvolgordeverskille in die leusien-ryke herhalende (LRH) aktiewe areas.
Die eerste wingerd PGIP is vantevore geïsoleer vanuit Vitis vinifera kultivar Pinotage
(Vvpgip1) en gekarakteriseer. Hierdie Vvpgip1 geen is ooruitgedruk in die tabakspesie
Nicotiana tabacum en was baie effektief om die weerstand van tabak teen die swam Botrytis
cinerea te verhoog. Die ooruitdrukking van die transgeen, verhoogde PGIP aktiwiteit en goeie
weerstand teen Botrytis cinerea is bevestig, en het gelei daartoe dat die transgeniese VvPGIP1
plantlyne geklassifiseer is as lyne met PGIP-spesifieke weerstandsfenotipes. ‘n
Daaropvolgende transkriptomiese analise van die plantlyne het gewys dat hulle differensiële
uitdrukking van selwand-geassosieerde gene het, asook biochemiese eienskappe, wat ‘n
moontlike selwandversterking aandui in vergelyking met wilde-tipe tabak in die afwesigheid van
infeksie.
Die V. vinifera kultivars is hoogs vatbaar vir swamme, terwyl ander wingerdspesies,
spesifiek die Noord-Amerikaanse spesies, bekend is vir hoë weerstand en selfs immuniteit
teenoor verskeie patogeniese swamme. Sewe-en-dertig PGIPs is vantevore geïsoleer vanuit
hierdie meer weerstandbiedende spesies. Die aminosuurvolgordes van die aktiewe areas van
hierdie PGIPs is vantevore vergelyk met die van VvPGIP1 en dit is gevind dat hierdie proteïne
hoogs homoloog is aan mekaar, sowel as aan VvPGIP1. Die verskillende nie-vinifera PGIPs het
in 14 groepe verdeel na aanleiding van die homologie van hulle aktiewe areas. Vir hierdie studie
is een PGIP vanuit elkeen van hierdie groepe gekies vir verdere funksionele analise in tabak.
Die 14 nie-vinifera PGIP-koderende gene is stabiel oorgedra na tabak deur middel van
Agrobacterium tumefaciens. Die vermeende transgeniese plante is geanaliseer vir die
teenwoordigheid van die transgeen, die uitdrukking daarvan en PGIP aktiwiteit: bevestigde
transgeniese tabak populasies wat wissel van drie tot 12 individuele getransformeerde lyne kon
verkry word vir nege van die verskillende nie-vinifera PGIPs. ‘n Aantal van die transgeniese lyne
is geïnfekteer met B. cinerea in twee onafhanklike heelplantinfeksies vir 11-14 dae om die
siekteweerstand van hierdie PGIPs teenoor die swam te evalueer. ‘n Plantlyn van die
VvPGIP1-populasie is as ‘n verwysing ingesluit en al die infeksies is vergelyk met die wilde-tipe
tabak. Al die geïnfekteerde lyne wat die nie-vinifera PGIPs ooruitdruk het ‘n baie sterk afname in siektesimptome getoon in vergelyking met die wilde-tipe kontrole: na aanvanklikle primêre
lesies gevorm het, is die verspreiding van die infeksie ingeperk en gestop in hierdie lyne, terwyl
die wilde-tipe plante baie erg geaffekteer is. Terwyl die VvPGIP1 lyn ook die tipiese PGIPweerstandsrespons
getoon het, het die nie-vinifera PGIPe kleiner lesies ontwikkel, wat dui op
baie sterk weerstandsfenotipes.
Die gekarakteriseerde nie-vinifera PGIP ooruitdrukkende lyne, asook die VvPGIP1 lyn
en die wilde-tipe kontrole, is gebruik om die vorige waarneming dat die ooruitdrukking kan lei tot
veranderinge in selwandgeen-uitdrukking verder te ondersoek. Analise van die uitdrukking van
‘n xiloglukaan-endotransglikosilase (xth) geen in die transgeniese populasie het getoon dat
hierdie geen afgereguleer is in gesonde, oninfekteerde weefsel van al die transgeniese lyne wat
getoets is. Dit het vorige resultate bevestig en het ook bevestig dat hierdie geen afgereguleer is
in alle wingerd PGIP-ooruitdrukkende lyne wat tot dusver getoets is. XTH is tipies betrokke by
selwandmetabolisme, spesifiek by die beheer van selwandsterkte en selwandelastisiteit. Dit is
uit vorige werk bekend dat die afregulering van hierdie geen lei tot versterking van die
plantselwand.
Die resultate verkry tydens hierdie studie het gewys dat die PGIP-spesifieke weerstand
fenotipe van VvPGIP1-ooruitdrukkende tabak ook bevestig kon word in transgeniese tabak wat
nie-vinifera PGIPs vanuit meer weerstandbiedende wingerdspesies ooruitdruk. Die feit dat
hierdie PGIP lyne almal selfs beter weerstand teen B. cinerea bied as VvPGIP1 lyne is ‘n
interessante invalshoek vir opvolgende ondersoeke na die belang van strukturele verskille
tussen die nie-vinifera PGIPs en VvPGIP1. Hierdie transgeniese lyne is ook uitstekende
hulpbronne om die in vivo funksies van PGIPs verder te bestudeer in die konteks van plantpatogeen
interaksies.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4350
Date03 1900
CreatorsVenter, Alida
ContributorsVivier, M. A., Joubert, D.A., University of Stellenbosch. Faculty of Agrisciences. Dept. of Viticulture and Oenology. Institute for Wine Biotechnology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format67 p. : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0097 seconds