Return to search

Beginsels by herverdeling van bates by huwelike buite gemeenskap van goed : met spesifieke verwysing na die begrippe "bydrae" en "skuld"

Text in Afrikaans / By ontbinding van 'n huwelik buite gemeenskap van goed beskik die hof oor 'n
diskresionere bevoegdheid om 'n herverdeling van bates van die onderskeie boedels te
gelas. Die voorvereiste, naamlik 'n bydrae tot die instandhouding of vergroting van die
boedel van die ander en die uitleg van die bewoording van die wet bring egter mee dat
die hof se diskresie om 'n billike herverdeling te beveel ingekort is. Bydrae behoort op
gelyke vlak tesarne met al die relevante faktore 'n rol te speel. Huwelikswangedrag
behoort 'n beperkte rol te speel by herverdelingsbevele. In sekere gevalle sal dit egter
onbillik wees om skuld as faktor te ignoreer. Die skuld van die party teen wie die
verdeling gevra word behoort nie 'n rol te speel nie. Sekere wetswysiginge is nodig ten
einde die doel van die wet, naamlik bereiking van geregtigheid tussen die partye, te
bewerkstellig. / On dissolution of a maniage out of commwrity of property the court has discretionary
power to order a distribution of the assets of the different estates. The precondition,
namely a contribution to the maintenance or increase of the estate of the other, and the
interpretation of the words of the act, however, results in a curtailment of the court's
discretion to order a just and equitable distribution. Contribution should play a role on
the same level as all the other relevant factors. Misconduct should play a restricted role
in a redistribution order. However, in certain cases it would be inequitable to ignore
misconduct as a factor. The misconduct of the party against whom the redistribution is
sought should not play a role. Certain amendments of the act are necessary to achieve
the aim of the act, namely the attaining of equity between the parties. / Private Law / LL. M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16128
Date06 1900
CreatorsStrijdom, Bartholomeus
ContributorsHeaton, J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (iii, 68 leaves)

Page generated in 0.002 seconds