Text in Afrikaans / The research question in this study involves the subjective
experiences of quality of worklife (QWL) by alcoholics and
non-alcoholics, in order to form an idea about the
differences in such experiences, between the two groups.
Personality is related throughout to QWL and alcoholism.
A sample consisting of 60 alcoholics and 58 non alcoholics
was used. Personality measurements were done by using
Cattell's Sixteen Personality Factor Questionnaire (16-PF)
whilst experienced QWL was measured with the self developed
QWL-questionnaire. In order to test the hypotheses for
this study, the data has been processed by using Pearson's
Product-moment coefficient of correlation and t-tests.
The results from the study indicate a significant
relationship between personality and certain exclusive QWLdimensions
for alcoholics. There is however, no
significant difference in the subjective experiences of
global QWL between alcoholics and non-alcoholics. Several
personality factors have been identified as being related
to alcoholism. / Die navorsingsvraagstuk in hierdie studie betrek die subj ektiewe
ervaring van gehalte van werklewe (GWL) deur alkoholiste en niealkoholiste,
ten einde 'n begrip te vorm van die verskil in sodanige
ervaring, tussen die twee groepe. Persoonlikheid word deurgaans in
verband gebring met GWL en alkoholisme.
'n Steekproef bestaande uit 60 alkoholiste en 58 nie-alkoholiste is
gebruik. Persoonlikheidsmetings is met die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys
van Cattell gedoen terwyl ervaarde GWL met die selfontwerpte
GWL-vraelys gemeet is. Ten einde hierdie studie se hipoteses te
toets, is die data verwerk deur van Pearson se produkmomentkorrelasiekoeffisient
en t-toetse gebruik te maak.
Die studie se resultate dui op 'n beduidende verband tussen
persoonlikheid en sekere eksklusiewe GWL-dimensies by alkoholiste.
Daar bestaan egter geen beduidende verskil in die subjektiewe
ervaring van globale GWL tussen alkoholiste en nie-alkoholiste nie.
Daar is etlike persoonlikheidsfaktore geidentifiseer wat met
alkoholisme verband hou. / Industrial and Organizational Psychology / M.Com. (Industrial Psychology)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16151 |
Date | 06 1900 |
Creators | Swanepoel, André Johan |
Contributors | Bergh, Z.C. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xi, 182 leaves) |
Page generated in 0.0022 seconds