Return to search

Kontemporêre etiese riglyne ter voorbereiding op die paroesie uit die boek Openbaring.

Openbaring is by uitstek die Nuwe-Testamentiese boek met die sterkste eskatologiese aanslag. Dit is uit die boek Openbaring waaruit die meeste spekulasie en wederkomsteorieë voortspruit. Wie is reg en wie is verkeerd? Sal ons ooit versekering hieroor kan vind? Is daar nie ’n eenvoudiger manier waarop ons onsself kan voorberei op die wederkoms van Christus nie? In die plek van spekulatiewe wederkomsteorieë, mag etiese riglyne dalk meer aanvaarbaar wees. Hierdie studie stel hom ten doel om die etiese motief van Openbaring te ondersoek as werkbare, kontemporêre en etiese riglyn ter voorbereiding van die kerk van Christus op die paroesie (wederkoms van Christus). Dié perspektief is belangrik omdat dit aan die Christen ’n etiese riglyn voorsien wat krities geanaliseer is ten opsigte van moontlike faktore wat ’n invloed op die interpretasie daarvan kan hê. Die vraag wat ondersoek word is of etiese riglyne uit die boek Openbaring, ’n meer aanvaarbare riglyn aan die kerk van Christus kan verskaf as die me nigte spekulatiewe wederkomsteorieë. Die doel van hierdie studie is dus om universele etiese riglyne uit die boek Openbaring te vind wat kan dien as kontemporêre etiese riglyne vir die kerk van Christus ter voorbereiding op die paroesie. In die lig van die bevindings aangaande die aanvaarbaarheid van etiese riglyne, sal sekere etiese motiewe voorgestel word as primêre etiese riglyne aan die kontemporêre kerk ter voorbereiding op die paroesie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8217
Date16 April 2008
CreatorsVan Loggerenberg, F.E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0011 seconds