Thesis (MScEng)-- Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The Council for Scientific and Industrial Research has developed a vibration excitation
system. The system is designed to excite the rotor blades of an axial
compressor in the specified vibration mode and at the specified frequency. The
vibration excitation system was tested on Stellenbosch University’s Rofanco compressor
test bench. A two-way staggered fluid-structure interaction (FSI) model
was created that was capable of simulating the vibration of the rotor blades excited
by the system. The results of the FSI model were verified using available
experimental data. It was concluded that the FSI model is able to recreate the
vibration excited by the system to within the desired level of accuracy. In addition,
the results of the FSI model showed that the vibration excitation system
should be able to excite the blades in the selected vibration mode and at the
selected frequency provided that the excitation frequency is close the natural
frequency of the first bending mode. The results also suggested that a transient
computational fluid dynamics model should be sufficient for the prediction of the
aerodynamic forces acting on the rotor blades. Furthermore, a one-way staggered
FSI model should be adequate for calculating the motions of the blades. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad het ’n vibrasie-opwekkingstelsel
ontwerp om die rotorlemme van ’n aksiaalvloei kompressor in die gespesifiseerde
vibrasiemodus en teen die gespesifiseerde frekwensie op te wek. Die vibrasieopwekkingstelsel
is met behulp van die Universiteit Stellenbosch se Rofanco kompressortoetsbank
getoets. Daarna is ’n tweerigting vloeistof-struktuur-interaksie
model geskep om die vibrasie van die rotorlemme, wat deur die stelsel opgewek is,
te simuleer. Beskikbare eksperimentele data is gebruik om die resultate van die
vloeistof-struktuur-interaksie model te bevestig. Die gevolgtrekking is gemaak
dat die model wél die vibrasie van die lemme met die nodige akkuraatheid kan
simuleer. Die resultate van die vloeistof-struktuur-interaksie model toon ook dat
die stelsel die lemme in die gekose vibrasiemodus en teen die gekose frekwensie
behoort te kan opwek, solank die opwekkingsfrekwensie na aan die natuurlike
frekwensie van die eerste buigmodus is. Voorts dui die resultate daarop dat ’n
berekeningsvloeimeganika model die aërodinamiese laste van die lemme sal kan
voorspel. ’n Eenrigting vloeistof-struktuur-interaksie model behoort voldoende
te wees om die beweging van die rotorlemme te bereken.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85616 |
Date | 12 1900 |
Creators | Brandsen, Jacobus Daniel |
Contributors | Van Der Spuy, S. J., Venter, G., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Mechanical and Mechatronic Engineering. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | xv, 123 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0105 seconds