Return to search

Institutional and organisational arrangements for consumer-oriented community-based aquaculture in South Africa

Thesis (MComm)—Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to investigate the organisational and institutional arrangements for sustainable
consumer-oriented community-based aquaculture in Hamburg, in the Eastern Cape, and Camdeboo and Saldanha
Bay, both in the Western Cape. Without these factors the development of aquaculture will be impossible or
unsustainable. The investigation will help in revealing whether markets exist or can be created, the required skills
and investment, and the appropriate institutional arrangements.
Two major research strategies were used, namely qualitative methods and case studies. The results revealed that, in
all three case studies, the products were not exported and had different target markets and marketing objectives.
There was a potential market for some of the products overseas. Leading pioneering firms, such as those that have
developed the technologies for aquaculture, control the value chain by setting, monitoring and enforcing the
parameters under which other value chain members operate.
The results further showed that, in all three case studies, the beneficiaries had some of form of schooling; some had
matric, while others had lower levels of education. In some scenarios, Adult Basic Education and Training (ABET)
training was offered, which combines aquaculture and life skills. Furthermore, unlike with kob, farming of species
such as mussel, oyster and catfish did not require such onerously high technical skills and monitoring of parameters.
There is no real need for high levels of education in the farming of these three species and, in most cases, people with
less than matric are trained in the various aspects of fish farming on the job.
Aquaculture appears to be a very capital-intensive industry. Apart from the capital investments, operational expenses
have to be incurred, even during the development phase. The absence of clear policy frameworks and legislation
results in contradictory messages. Choosing the type of business ownership may depend on many factors such as
financing, admin costs, tax implications, insolvency, business size and continuity.
The implication of the results of this study for community-based aquaculture is that investment from the public sector
and private sector is required, both in terms of capital infrastructure and operational costs. Communities should start
with simpler forms of aquaculture, such as oyster and mussel farming. Kob farming, on the other hand, requires high
technical skill. In all cases, the approaches initially require managerial, business and technical support and
handholding for community empowerment groups. When the development is in its infancy, community-based
aquaculture projects need to link and create distribution agencies that deal with marketing and distribution. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die organisatoriese en institusionele reëlings te ondersoek vir volhoubare
verbruikersgerigte gemeenskapsgebaseerde akwakultuur in Hamburg, in die Oos-Kaap, en die Kamdeboo en
Saldanhabaai, in die Wes-Kaap. Sonder hierdie faktore is die ontwikkeling van akwakultuur onmoontlik of
nvolhoubaar. Die ondersoek sal help om te bepaal of markte bestaan of geskep kan word, en watter vaardighede,
investering en institusionele reëlings vereis word.
Twee groot navorsingstrategieë is gebruik, naamlik kwalitatiewe metodes en gevallestudies. Die resultate van al drie
gevallestudies het getoon dat die produkte nie uitgevoer word nie en dat daar verskillende teikenmarkte en
bemarkingsdoelwitte vir die produkte is. Vir van die produkte is daar ʼn potensiële oorsese mark. Toonaangewende
maatskappye soos dié wat tegnologie vir akwakultuur ontwikkel het, beheer die waardeketting deur die opstel,
monitering en handhawing van die parameters waarvolgens ander lede van die waardeketting funksioneer.
Verder het die resultate getoon dat die begunstigdes in al drie gevallestudies een of ander vorm van skoolopleiding
gehad het; sommige het matriek gehad terwyl ander laer vlakke van skoolopleiding voltooi het. In sommige gevalle
is Adult Basic Education and Training(ABET)-opleiding aangebied, waar akwakultuur en lewensvaardighede
gekombineer is. Verder, in teenstelling met die kabeljoubedryf, vereis die teelt van spesies soos mossels, oesters en
babers nie sulke gespesialiseerde tegniese vaardighede en die noukeurige monitering van parameters nie. Daar is
geen werklike behoefte vir hoë vlakke van onderwys vir boerdery met laasgenoemde drie spesies nie en in die meeste
gevalle ondergaan mense met minder as matriek indiensopleiding in die verskillende aspekte van visboerdery.
Verder blyk akwakultuur 'n kapitaalintensiewe bedryf te wees. Afgesien van die kapitale belegging moet operasionele
uitgawes aangegaan word, selfs in die ontwikkelingsfase. Die afwesigheid van duidelike beleidsraamwerke en
wetgewing gee aanleiding tot teenstrydige boodskappe. Die keuse van die soort onderneming kan afhang van baie
faktore, wat finansiering, administratiewe koste, belastingimplikasies, insolvensie, ondernemingsgrootte en
kontinuïteit insluit.
Die implikasie van die resultate van hierdie studie vir gemeenskapsgebaseerde akwakultuur is dat hoë investering
vereis word, beide in terme van kapitaalinfrastruktuur en bedryfskoste. Gemeenskappe moet eers met eenvoudiger
vorme van akwakultuur, soos oester- en mosselboerdery, wegspring. Kabeljou, aan die ander kant, vereis hoë tegniese
vaardigheid. In alle gevalle vereis die benaderings aanvanklike bestuurs-, besigheids- en tegniese ondersteuning en
daadwerklike bystand vir gemeenskapsbemagtigingsgroepe. Terwyl die ontwikkeling in sy kinderskoene is, moet
gemeenskapsgebaseerde akwakultuurprojekte verspreidingsagentskappe skep en met sulke agentskappe skakel om
bemarking en verspreiding te hanteer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/98123
Date12 1900
CreatorsNjokweni, Gugu
ContributorsHara, Mafaniso, Vink, Nick, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Agricultural Economics.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format146, 5 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds