Return to search

'n Pastorale ondersoek na die inrigting van geestelike en emosionele herstel in kontemporêre modelle vir innerlike genesing / Albertus Mauritius Ferreira

In hierdie studie is die tema: ʼn Pastorale ondersoek na die inrigting van geestelike en emosionele herstel in kontemporêre modelle vir innerlike genesing. Die oogmerk is die uiteindelike formulering van vernuwende insigte en riglyne vir die pastorale begeleiding van emosioneel en geestelik verwonde persone vanuit ʼn innerlike genesingsperspektief.
Osmer se pastoraal-teologiese metode word as vertrekpunt geneem en hiervolgens word daar onder die Normatiewe taak in hoofstuk 2 gefokus op sewe kontemporêre innerlike genesing modelle. Onder hierdie selfde afdeling word daar in hoofstuk 3 ʼn Skriftuurlike basis geformuleer vir die tema van innerlike genesing en word daar ook bepaal in watter mate beginsels vanuit die onderskeie innerlike genesingsmodelle wat ondersoek word, voldoen aan die eise van die Skrif.
Onder die Interpreterende taak word daar in hoofstuk 4 gefokus op aanvullende riglyne vanuit die aangrensende wetenskappe met betrekking tot beginsels van innerlike genesing. Hier het onder andere geblyk dat diep onderdrukte emosionele pyn sekere liggaamlike probleme kan veroorsaak en ook die immuunsisteem onderdruk. Emosionele vryheid of gebondenheid word ook grootliks bepaal deur faktore soos disfunksionele gedragspatrone, traumatiese drome, die verlede te konfronteer, kompulsiewe gedrag te staak, vergifnis te bied/ontvang en op positiewe aspekte soos sterkpunte en prestasies van die verlede te fokus.
Vanuit die Beskrywende empiriese taak in hoofstuk 5 word die resultate van drie gevallestudies aan die orde gestel. Tydens gebedsessies is daar telkens saam met die begeleidendes onder leiding van die Heilige Gees as’t ware ‘terug beweeg’ na die oorspronklike traumatiese situasies. Insiggewende waarnemings is gemaak ten opsigte van die begeleidendes se belewenisse van emosionele en geestelike genesing tydens hierdie sessies.
Praktyk-teoretiese riglyne ten opsigte van die formulering van ʼn eie innerlike genesingsmodel kom aan die orde in hoofstuk 6 onder die Pragmatiese taak. Die model wat voorgestel word bestaan uit ses fases waarvan die gebedsessie die kern gedeelte vorm. / PhD (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15226
Date January 2015
CreatorsFerreira, Albertus Mauritius
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0027 seconds