Return to search

Jurisprudensiƫle ontleding van die staatlike paradigma en van staatlike identiteit

Text in Afrikaans / Die basiese tese voortspruitend uit hierdie ondersoek is dat wetenskapsbeoefening binne bepaalde
terreine van die regswetenskap ondemeem word ooreenkomstig 'n verswee staatlike paradigma wat
deurlopend streef na die instandhouding van die politieke status quo. Die territoriale staat is die
hoeksteen van die bestaande politieke orde en terselfdertyd die meester-konsep van die staatlike
paradigma. Wetenskapsbeoefening volgens hierdie paradigma is gemik op die instandhouding van
die territoriale staat en funksioneer dus as 'n defensief-konserwatiewe politieke projek.
Uitsluitsel oor welke vrae en antwoorde as wetenskaplik ter sake kwalifiseer, word gegee aan die
hand van die behoeftes van die bestaande territoriaalstaatlike orde. Antwoorde kwalifiseer as
wetenskaplik houdbaar alleenlik indien dit met die belange van die bestaande territoriale staat
vereenselwigbaar is en nie die staatlike status quo sal ontwrig nie. Intellektuele aktiwiteit wat nie
die staatlike gebaseerde status quo ter wille is nie en dit moontlik mag ontwrig, haal in terme van
hierdie paradigma moeilik die drumpel van wetenskaplikheid.
In die ondersoek word die vestiging van die staatlike paradigma histories nagegaan en daama word
die hoofmomente van die paradigma blootgele. Die belangrikste produkte van
wetenskapsbeoefening kragtens die staatlike paradigma word daama uitgepluis. Benewens die feit
dat die produkte deurlopend die staatlike orde onderskraag, vervul dit ook die strategiese funksie om
uitdagers van die staatlike orde te domestiseer en in die diens van die staatlike orde te plaas.
Die prominentste produkte van wetenskapsbeoefening volgens die staatlike paradigma word ontleed:
- staatsbou, dikwels verkeerdelik voorgehou as nasiebou;
- demokrasie wat onderhewig aan die dissipline van die staatlike paradigma tot staatlike
demokrasie omvorm is;
- menseregte wat burgerlike afhanklikheid van die staat bevorder en die staat sodoende teen
opposisie vrywaar;
- die misdaad, hoogverraad en die intemasionaalregtelike figuur van selfbeskikking wat deur
die staatlike paradigma tot 'n staatsdienende staatlike selfbeskikking omvorm is.
Die staatlike paradigma word egter onder toenemende spanning geplaas en daar bestaan die
moontlikheid van 'n rewolusionere herwaardering van verskeie sleutel-konsepte wat deur die
staatlike paradigma gevange gehou en in diens van die bestaande staatlike status quo gedomestiseer
is. Die rewolusionere vrystel van hierdie konsepte kan die weg baan na 'n nuwe politokrasie
anderkant die staatlike orde. / The basic thesis emanating from this research holds that scientific enterprises within certain fields
of the legal science are undertaken in pursuance of a tacit statist paradigm which consistently
preserve the political status quo. The territorial state is both the keystone of the existing political
order and the master concept of the statist paradigm. Scientific activity according to this paradigm
seeks to protect the territorial state and functions as a defensive conservative political project.
The scientific relevance of questions and answers is determined by the exigencies of the existing
order composed of territorial states. Answers are viewed as scientifically authentic only if they are
compatible with the interests of the prevailing territorial state and when they do not pose a threat
of disruption to the existing statist status quo. Intellectual activity that does not affirm the statist
predicated status quo and which poses the risk of disruption of the this order would seldom qualify
as scientific in terms of this paradigm.
This study examines the historical establishment of the statist paradigm and debunks the main pillars
of the paradigm. The foremost products of scientific activity in accordance with the statist paradigm
are then analyzed. These products invariably safeguard the statist order and also succeed in
domesticating the challengers of the statist order and placing them in the service of this order.
The most outstanding developments of the scientific endeavour in pursuance of the statist paradigm
are analyzed, which are:
- state building, often inaccurately portrayed as nation building;
-democracy which, subjected to the discipline of the statist paradigm, had been transformed
into statist democracy;
- human rights which cultivate civic dependence upon the state, thus safeguarding the state
against opposition;
-the crime ofhigh treason and the international law concept of self-determination which was transfigured by the statist paradigm into a state serving statist self-determination.
The statist paradigm is however placed under increasing tension and there is a possibility of a
revolutionary reappraisal of several key concepts which the statist paradigm has kept in captivity and
which have been domesticated and placed in the service of the statist status quo. By releasing these
revolutionary concepts, the way to a new politocracy, beyond the statist order, may be paved. / Jurisprudence / LL.D.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18097
Date11 1900
CreatorsMalan, Jacobus Johannes
ContributorsVan Blerk, Adrienne E., Strydom, H. A. (Hendrik Andries)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (viii, 349 leaves)

Page generated in 0.0032 seconds