Hoër Onderwys in Suid-Afrika is in 'n proses van transformasie. Hierdie transformasie is
onder meer as gevolg van internasionale wereldtendense en die historiese agterstande van
onderwys in Suid-Afrika. Dit is derhalwe noodsaaklik dat instellings, soos die Oos-Rand
Kampus van die Vaaldriehoekse Technikon, strategiese beplanning in sy bestuursaktiwiteite
behoort te inkorporeer. Hierdie studie het strategiese bestuur as sentrale tema met
komponente in die Filosofiese Antropologie en in Sakebestuur.
In hierdie studie is ondersoek gedoen na strategiese bestuur as dialektiese strategiese
bestuur met kenmerke van bi-polere, dualistiese en kontensieuse aard. Dit is vanuit hierdie
vertrekpunt dat dialektiese strategiese bestuur in die kategoriee van menswees, soos onder
meer synsopenheid, dialoog, toekomstigheid, paties-dinamiese gerelasioneerdheid,
verbeelding, selfbewussyn, waardes en vryheid en besluitneming, gefundeer kan word. Dit
kan gekonstateer word dat dialektiese strategiese bestuur 'n menslike aktiwiteit is wat in die
Filosofiese Antropologie en in die Aksiologie gefundeer is.
'n Ondersoek is ook geloods na faktore wat die toekomstige strategiese posisie van die
Oos-Rand Kampus van die Vaaldriehoekse Technikon kan beinvloed en/of bepaal
Internasionale en nasionale onderwysfaktore is ondersoek en 'n nie-empiriese opname is
onder personeel, studente en werkgewers uitgevoer om inligting te verkry wat in strategiese
bestuur gebruik kan word. Die gevolgtrekkings van hierdie studie is in die vorm van
strategiese tendense en 'n moontlike bestuursplan uiteengesit wat as 'n vertrekpunt in 'n
strategiese plan vir die Oos-Rand Kampus van die Vaaldriehoekse Technikon gebruik kan
word. / Higher Education in South Africa is in a process of transfonnation. This transfonnation is,
amongst others, due to the international global tendencies and the historic backlog of
education in South Africa It is therefore imperative that institutions, such as the East Rand
Campus of the Vaal Triangle Technikon, should incorporate strategic planning in its
managerial activities. This study has strategic management as a central theme with
components in the Philosophical Anthropology and in Business Management.
In this study strategic management has been investigated as dialectic strategic management
with characteristics of a bi-polar, dualistic and contention nature. It is from this departure
that dialectic strategic management can be funded in the categories of being human, namely
openness to being, dialogue, futurity, pathic-dynamic relatedness, imagination, self
consciousness, values and freedom and decision making. It can thus be stated that dialectic
strategic management is a human activity funded in the Philosophical Anthropology and in
the Axiology.
An investigation has also been done pertaining factors which can influence and/or determine
the future strategic position of the East Rand Campus of the Vaal Triangle Technikon.
International and national educational factors have been investigated and a non-empirical
survey was made among stafl: students and employers as to obtain infonnation that can be
used in strategic management. The conclusion of the study is presented in the form of
strategic intents and a probable management plan that can be used as a point of departure in
a strategic management plan for the East Rand Campus of the Vaal Triangle Technikon. / Educational Studies / D. Ed. (Filosofie van die Opvoeding)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16835 |
Date | 06 1900 |
Creators | Geldenhuys, Michiël Daniël |
Contributors | Bodenstein, Hermanus Carel Andries |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (xiii, 287 leaves) |
Page generated in 0.0027 seconds