Thesis (MVerbruikerswet)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of the study was to investigate the compatibility of cotton/nylon and cotton/polyester warpknit
terry towelling fabrics with industrial laundering procedures. The literature review focused, on
the one hand, on the manufacture, finishing and structure of warp-knit terry towelling fabrics as well
as on the physical structure, chemical nature and characteristics of the textile fibres used in the
manufacturing of the towelling. On the other hand, a full exposition of the industrial laundering
processes is provided, with specific reference to aspects that can have an effect on the towelling
fabrics during the wash and tumble-drying cycles.
Chapters Three and Four are reports on two research projects that can each be read
independently. The aim of the first project was to determine the effect of industrial laundering
procedures on the durability of cotton warp-knit terry towelling fabrics with a synthetic base
structure. The tensile strength of cotton warp-knit terry towelling samples with a synthetic base
structure was determined in the warp and weft directions and after 10, 20, 30, 40, and 50 wash
cycles as well as wash and tumble-drying cycles. The tensile strengths in the warp direction of the
washed terry towelling samples decreased significantly (p < 0.001) after 50 wash cycles. In
contrast to this, the tensile strength in the weft direction increased, although not significantly
(p > 0.05). As far as the comparison of the effect of industrial wash and wash and tumble-drying
cycles is concerned, the tensile strengths in the warp direction of the towelling samples that were
washed and washed/tumble-dried, were significantly lower (p < 0.001) after 20 and after 50
laundering cycles. As far as the tensile strengths in the weft direction were concerned, a similar
pattern as with the wash and wash/tumble-drying processes, occurred. The tensile strengths
initially increased and then gradually decreased. Furthermore, the tumble-drying process had
greater damaging effects after 40 laundering cycles (p = 0.043) and especially after 50 laundering
cycles (p < 0.0001).
The aim of the second research project was to compare the durability of cotton warp-knit terry
towelling fabrics with a nylon base structure with cotton warp-knit terry towelling fabrics with a
polyester base structure after they had been subjected to industrial laundering processes. It was
first established whether cotton/nylon and cotton/polyester warp-knit terry towelling fabrics are
comparable. Secondly, the durability of cotton/nylon and cotton/polyester terry towelling fabrics
was compared by determining the tensile strengths of the samples in the warp direction after they
have been subjected to 50 industrial wash as well as wash and tumble-drying cycles. The two
groups of untreated samples were regarded as similar on the basis of the percentage of fibre
composition, knit fabric structure, knit density, mass and tensile strength. After 50 industrial wash
cycles the tensile strengths of the cotton/nylon and cotton/polyester warp-knit terry towelling
samples decreased significantly (p < 0.05). But there was no significant difference (p > 0.05) between the tensile strengths of the cotton/nylon and the cotton/polyester terry towelling samples
after 50 washing cycles. There was a highly significant difference (p < 0.001) between the tensile
strengths of the cotton/nylon and the cotton/polyester terry towelling samples after 50 wash and
tumble-drying cycles. The tensile strength of the cotton/polyester terry towelling samples remained
practically unchanged after the 50 wash/tumble-drying cycles, with the tensile strength of the
cotton/nylon terry towelling samples decreased significantly (p < 0.001). / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om ondersoek in te stel na die versoenbaarheid van katoen/nylon- en
katoen/poliëster- skeringgebreide terriestofhanddoeke met industriële versorgingsprosedures. In
die literatuuroorsig is daar enersyds gefokus op die vervaardiging, afwerking en struktuur van
skeringgebreide terriehanddoekstowwe asook op die fisiese struktuur, chemiese aard en
eienskappe van die tekstielvesels waarvan die handdoeke vervaardig is. Andersyds is ’n volledige
uiteensetting van industriële versorgingsprosedures gegee, met spesifieke verwysing na aspekte
wat tydens die was- en tuimeldrogingsiklusse ’n uitwerking op die handdoekstowwe kan hê.
Hoofstukke drie en vier is opgeskryf as twee navorsingsprojekte wat elk ‘n geheel vorm. Die doel
van die eerste projek was om die effek van industriële versorgingsprosedures op die
duursaamheid van katoen skeringgebreide terriestofhanddoeke met ‘n sintetiese basisstruktuur te
bepaal. Die breeksterkte van katoen skeringgebreide terriestofmonsters met ’n sintetiese
basisstruktuur is in die skering- en inslagrigtings tydens en na afloop van 10, 20, 30, 40, en 50
was- asook was- en tuimeldrogingsiklusse bepaal. Die breeksterktes in die skeringrigting van die
gewaste terriestofmonsters het betekenisvol afgeneem (p < 0.001) na 50 wassiklusse. In
teenstelling hiermee het die breeksterktes in die inslagrigting toegeneem, hoewel nie betekenisvol
nie (p > 0.05). Wat die vergelyking van die effek van industriële was- en was en
tuimeldrogingsiklusse betref, is die breeksterktes in die skeringrigting van die handdoekmonsters
wat gewas en gewas/getuimeldroog is, beduidend laer (p < 0.001) na 20 en na 50
versorgingsiklusse. Wat die breeksterktes in die inslagrigting betref het ‘n soortgelyke patroon by
die was- en was/tuimeldrogingprosesse voorgekom. Die breeksterktes neem aanvanklik toe en
daarna geleidelik af. Verder het die tuimeldrogingsproses na 40 versorgingsiklusse (p = 0.043) en
veral na 50 versorgingsiklusse (p < 0.0001) ’n groter skadelike effek getoon.
Die doel van die tweede navorsingsprojek was om die duursaamheid van katoen skeringgebreide
terriestowwe met ’n nylon basisstruktuur te vergelyk met katoen skeringgebreide terriestowwe met
’n poliëster basisstruktuur nadat dit aan industriële versorgingsprosedures blootgestel is. Daar is
eerstens vasgestel of katoen/nylon en katoen/poliëster terriehanddoekstowwe vergelykbaar is.
Tweedens is die duursaamheid van katoen/nylon en katoen/poliëster terriestowwe vergelyk deur
die breeksterktes van die monsters in die skeringrigting te bepaal nadat dit aan 50 industriële wasasook
was- en tuimeldrogingsiklusse blootgestel is. Die twee groepe onbehandelde monsters is
as soortgelyk beskou op grond van die persentasie veselsamestelling, breistofstruktuur,
breidigtheid, massa en breeksterkte. Na 50 industriële wassiklusse het die breeksterktes van die
katoen/nylon en katoen/poliëster skeringgebreide terriestofmonsters betekenisvol (p < 0.05)
afgeneem. Daar was egter nie ’n betekenisvolle verskil (p > 0.05) tussen die breeksterktes van die katoen/nylon en katoen/poliëster terriestofmonsters na 50 wassiklusse nie. Daar was ’n hoogs
betekenisvolle verskil (p < 0.001) tussen die breeksterktes van die katoen/nylon en
katoen/poliëster terriestofmonsters na die 50 was/tuimeldrogingsiklusse. Die breeksterkte van die
katoen/poliëster terriestofmonsters het na die 50 was/tuimeldrogingsiklusse feitlik onveranderd
gebly terwyl die breeksterkte van die katoen/nylon terriestofmonsters hoogs betekenisvol
(p < 0.001) afgeneem het.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16604 |
Date | 10 1900 |
Creators | De Bruin, Riette |
Contributors | Gericke, A., Viljoen, L., University of Stellenbosch. Faculty of Agrisciences. Dept. of Consumer Science. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 106 leaves : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0026 seconds