Return to search

Die rol van die oftalmologiese verpleegkundige in primêre oogsorg

M.Cur. / Daar is nie genoeg effektiewe, bekostigbare oogsorgdienste in Suid-Afrika nie. Suid-Afrika beskik oor meer geregistreerde verpleegkundiges as algemene praktisyns, oftalmoloe of optometriste. Daar bestaan reeds 'n goedgekeurde kursus in oftalmologiese verpleging en daarom is geregistreerde verpleegkundiges die mees geskikte vir opleiding in oftalmologie. Dit sal meer kosteeffektief wees om 'n verpleegkundige in primere oogsorg aan te wend. Tans is daar 'n groot aanvraag vir oogsorg op primere vlak. In Suid-Afrika, wat gedeeltelik 'n derdewereldland en gedeeltelik 'n eerstewereldland is, is primere oogsorg nog heeltemal ontoereikend, aangesien die meeste van die oogsorgdienste in die hoofstede gesentreer is. Dit veroorsaak dat die oftalmologiese departemente heeltemal oorlaai word deur oogtoestande wat op primere vlak gehanteer kan word. Navorsing het getoon dat 85% van pasiente wel op primere of sekondere vlak gehanteer kan word (Community Eye Health Workshop, 1996). Die persentasie mense met belemmerde visie (tydelik of permanent) word jaarliks meer, en die beste manier om dit te verhoed is die vroegtydige opsporing van daardie pasiente op primere vlak. In Suid-Afrika word die dienste van oftalmologiese verpleegkundiges nog nie ten voile benut nie, terwyl hulle, as gevolg van hul opleiding, 'n groot rol behoort te speel in die voorkoming van belemmerde visie. Dit geld veral op plattelandse gebiede, waar die oftalmologiese verpleegkundige die eerste kontakpersoon is. In stedelike gebiede, waar daar lang waglyste is by openbare gesondheidsorghospitale, behoort die oftalmologiese verpleegkundige ook aangewend te word om waglyste te verkort. Die vraag ontstaan dus: Wat is die rol van die oftalmologiese verpleegkundige in primere oogsorg?

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9520
Date16 August 2012
CreatorsJacobs, Esther
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0018 seconds