Return to search

Land-use transport strategies to cope with suburbanisation

Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Suburbanisation is a world-wide phenomenon and is characterised by the decline
of central business districts and accelerated growth of commercial activities in the
suburbs. The impact of suburbanisation is wide-spread and multi-dimensional,
affecting the whole urban system in terms of its structure, activity and transport
patterns.
In South Africa, suburbanisation, together with the impact of the former group areas
policy, has made suburban developments less accessible to the low-income groups
living on the edges of the metropolitan area. Planners have proposed various urban
densification strategies for the rather unique problems of the spatially inefficient
South African cities, including corridor development along main public transport
routes and the development of activity nodes. In order to implement these urban
densification strategies successfully, it is important to understand the locational
choice behaviour of business managers, and the factors that will attract them to
locate in a certain area. This will enable metropolitan authorities to evaluate and
implement the best policies to promote development of priority corridors and nodes
The research for this dissertation was motivated by the extensive problems of
suburbanisation, the lack of knowledge on the relative impact of land-use transport
factors on the locational choices of businesses, and the apparent limited application
of stated preference (SP) survey techniques and discrete choice models to spatial
choices of businesses for urban planning purposes. The main objectives of the
research were to determine the locational choice behaviour of retail businesses in
strategic spatial terms, and how this knowledge can best be used to manage
suburbanisation.
The dissertation reviews intemational and South African studies on the planning and
policies of the main role players in the urban system relating to retail
suburbanisation, i.e. the planning authority, retail firms and consumers. The dissertation discusses the results of the market research that was done
among Cape Town retailers located in the CSO, and in low- and high-income
suburbs. The survey collected quantitative information regarding the locational
choice factors of retail managers, importance ratings of choice factors as well as
stated preferences for CSO and suburban locations. The calibration results of
various discrete locational choice models are discussed, including elasticities of
choice factors obtained from model applications to the SP data. The development
of a spreadsheet locational choice model based on typical characteristics of CSO
and suburban locations is subsequently discussed. Elasticities of choice factors
from the application of the spreadsheet model were determined and the model
was also used to test a decentralisation trend scenario and a managed
suburbanisation scenario.
The dissertation makes conclusions and recommendations regarding the most
important locational choice factors of retail managers, and the most effective
policies and strategies for metropolitan authorities to manage suburbanisation and
promote urban densification. The performance of SP models applied to spatial
choices are also evaluated and recommendations are made regarding their
application and further research needs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Stedelike desentralisasie is 'n wêreldwye verskynsel wat gekenmerk word deur die
verval van sentrale sakegebiede (SSG) en die snelle groei van
handelsbedrywighede in voorstede. Die impak van desentralisasie is verreikend en
multi-dimensioneel en beïnvloed die hele stadstelsel in terme van sy struktuur,
aktiwiteite and reispatrone.
In Suid Afrika het desentralisasie saam met die impak van die voormalige
groepsgebiedebeleid voorstedelike ontwikkelings minder toeganklik gemaak vir die
lae-inkomstegroepe wat op die rand van die metropolitaanse gebiede woon.
Beplanners het verskeie stadsverdigtingstrategieë, insluitende korridorontwikkeling
langs hoofvervoerroetes en die ontwikkeling van aktiwiteitsnodusse voorgestelom
die unieke probleme van die ruimtelik ondoeltreffende Suid-Afrikaanse stede die hoof
te bied. Om hierdie stadsverdigtingstrategieë suksesvol te implementeer, is dit egter
belangrik om die liggingskeusegedrag van besigheidsbestuurders, sowel as die
faktore wat hulle beweeg om hulle in 'n spesifieke gebied te vestig, te verstaan.
Hierdie kennnis sal metropolitaanse owerhede in staat stelom beleid te evalueer en
die beste beleidsopsies te implementeer om die ontwikkeling van voorkeurkorridors
en nodusse te bevorder.
Die navorsing vir hierdie verhandeling is gemotiveer deur die omvattende probleme
wat deur stedelike desentralisasie veroorsaak word, die gebrek aan kennis oor die
relatiewe impak van grondgebruik-vervoerfaktore op die liggingskeuse van
besighede, en die klaarblyklik beperkte toepassing van verklaardevoorkeuropnametegnieke
(V V) en diskrete-keusemodelle op die liggingskeuses van
besighede vir stadsbeplanningsdoeleindes. Die hoofdoelstellings van die navorsing
was om die liggingskeusegedrag van kleinhandelbesighede in strategiese ruimtelike
terme te bepaal en vas te stel hoe hierdie kennis gebruik kan word om stedelike
desentralisasie te bestuur. In hierdie verhandeling word 'n oorsig gegee van die internasionale en Suid-
Afrikaanse studies oor die beplanning en beleid van die belangrikste rolspelers in the
stadstelsel wat desentralisasie van kleinhandel betref, naamlik die
beplanningsowerheid, kleinhandelfirmas en verbruikers.
Die resultate van marknavorsing onder kleinhandelaars vanuit Kaapstad se SSG en
lae- en hoë-inkomstevoorstede, word bespreek. Die opname het kwantitatiewe
inligting oor die liggingskeusefaktore van kleinhandelaars, die belangrikheid wat hulle
aan keusefaktore heg, en hulle verklaarde voorkeure ten opsigte van vestiging in die
SSG of die voorstede, ingesamel. Die kalibrasieresultate van verskeie diskretekeusemodelle
word bespreek, insluitende die elastisiteite van keusefaktore wat deur
die toepassing van die modelop V V-data verkry is. Vervolgens word die
ontwikkeling van 'n liggingskeusemodel in 'n spreitabel wat op tipiese kenmerke van
SSG- en voorstedelike liggings gebaseer is, bespreek. Elastisteite van die
liggingsfaktore is bepaal deur die toepassing van die spreitabelmodel, en die model
is ook gebruik om 'n desentraliasietendensscenario en 'n
bestuurdedesentralisasiescenario te toets.
Ten slotte word daar gevolgtrekkings en aanbevelings gemaak oor die belangrikste
liggingskeusefaktore van kleinhandelaars, en die mees effektiewe beleidsopsies en
strategieë wat metropolitaanse owerhede kan volg om stedelike desentralisasie te
bestuur en stadsverdigting te bevorder. Die werkverrigting van V V-modelle wanneer
dit op die liggingskeuse van besighede toegepas word, word ook geëvalueer en
aanbevelings word gemaak oor die toepassing daarvan en verdere navorsing wat
nodig is

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52913
Date12 1900
CreatorsVan Zyl, N. J. W.
ContributorsBester, C. J., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Civil Engineering.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format336 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds