Return to search

Response of aquatic macroinvertebrate and aerial odonate assemblages to the removal of invasive alien trees in the Western Cape

Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Invasive alien trees, especially Acacia species, are a great threat to biodiversity in South African
rivers. The national Working for Water Programme is addressing the alien problem by removing
alien trees from river margins. The concern is that this may be creating even further disturbance
by affecting water quality and habitats. In particular, how is this affecting rare and endemic
species? Benthic macro invertebrates and aerial odonates were assessed along five Western Cape
rivers in alien-invaded, cleared and natural sites between December and March. The aim was to
assess the effect of both alien invasion and alien clearing on aquatic invertebrates. Odonata, being
easily sampled, were also assessed as they are severely affected by the lack of understorey plants
in shaded, alien-invaded sites. Odonata and benthic macroinvertebrates were treated as two
separate studies and no attempt was made to correlate the results obtained from both studies.
SASS5, a qualitative, rapid bioassessment technique, based on the sensitivity of the families
present, was used as a measure of river health and, indirectly, of water quality. SASS indicated a
decline in water quality conditions after alien clearing, a likely response to the greater insolation
as well as erosion of cleared banks, resulting in elevated temperatures and suspended solids and
lowered oxygen levels. Community responses to alien disturbance and other environmental
factors were analysed using PRIMER and CANOCO software. Assemblages of Odonata were
found to provide a rapid, cost-effective means of assessment and monitoring. Potential indicator
and detector species were also identified using the lndicator Value method. Assemblage patterns
of aquatic invertebrates, however, were dominated by between-river and seasonal effects.
Therefore, while SASS detected overall changes in river health, without identifying the cause,
potential aquatic detector taxa were identified that may be useful for linking general disturbance
to alien invasion or clearing. All indicator and detector taxa identified in both studies can be used
for long-term monitoring and for identifying biodiverse areas for clearing or protection. In both
studies, sensitive, endemic taxa were lost after clearing, being replaced by more tolerant,
widespread taxa. Recovery of the biota appears to follow the recovery succession of the
vegetation, with most sensitive or endemic taxa only appearing after the recovery of indigenous
plants. A number of recommendations are made regarding the restoration of both water quality
(particularly with respect to shade and soil erosion) and biotope availability (particularly in terms
of the recultivation of indigenous plants) in order to achieve biodiversity objectives. The role of
catchment management, prioritisation procedures and long-term monitoring are also discussed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Uitheemse, indringerbome, veral Acacia spesies, is 'n groot bedreiging vir biodiversiteit in Suid-
Afrikaanse riviere. Die nasionale Werk vir Water-projek spreek hierdie probleem aan deur
uitheemse bome van rivieroewers te verwyder. Die kommer is dat water kwaliteit en habitatte
sodoende verder versteur kan word. Byvoorbeeld, hoe word endemiese en bedreigde spesies
geraak? Akwatiese makroinvertebrate en volwasse Odonata in vyf Wes-Kaapse riviere is tussen
Desember en Maart bestudeer en gemonster in natuurlike gebiede, in gebiede waar indringerbome
teenwoordig is, en in gebiede waar hulle verwyder is. Die doel was om die effek van indringerverwante
impakte op akwatiese invertebrate vas te stel. Odonata is ook bestudeer omdat hulle
maklik gemonster kan word en omdat hulle ernstig geraak word deur indringers. Die uitheemse
plantegroei oorskadu die oewers en verhoed die groei van inheemse oewerplante. Die bentiese
makro-invertebrate en Odonata is as twee aparte studies behandel en geen poging is gemaak om
die resultate van die twee te vergelyk nie. SASSS, 'n kwalitatiewe, bioasseseringsmetode wat op
die sensitiwiteit van die aanwesige families baseer word, is gebruik om waterkwaliteit op 'n
indirekte manier te bepaal. SASS het aangedui dat daar 'n afname in waterkwaliteit is nadat
indringerplante verwyder is. Dit is moontlik as 'n gevolg van groter blootstelling aan sonskyn en
erosie van rivieroewers wat veroorsaak dat temperature en die hoeveelheid gesuspendeerde
materiaal verhoog word, en dat suurstof konsentrasies verminder word. Die gevolge van
indringerplante en ander omgewingsfaktore op akwatiese gemeenskappe is met PRlMER en
CANOCO sagteware ontleed. Groepering van Odonata kan gebruik word om op 'n maklike en
koste-effektiewe manier om die impak van indringerplante en hul verwydering te bepaal en te
monitor. Aanwyserspesies is ook deur middel van die 'Indicator Value' metode geïdentifiseer.
Die verspreidingspatrone van invertebraatspesies word deur geografiese en seisoenale effekte
oorheers. Dus, terwyl SASS veranderinge in waterkwaliteit kan aantoon, sonder om die oorsaak
daarvan te identifiseer, kan aanwyserspesies gebruik word om meer spesifieke impakte deur
indringerplantegroei, of indringerverwydering, te bepaal en te monitor. Hulle kan ook gebruik
word om gebiede met hoë biodiversiteit vir bewaring of indringerverwydering te identifiseer.
Beide studies dui aan dat sensitiewe en endemiese taksa na indringerverwydering verlore gaan,
en vervang word met meer geharde, wydverspreide taksa. Herstel van die biota volg op die herstel
van die plant gemeenskappe, en die mees sensitiewe of endemiese taksa herstel eers nadat die
inheemse plantegroei herstel het. 'n Aantal aanbevelings in verband met die restorasie van
waterkwaliteit (veral in terme van die hoeveelheid skaduwee en erosie) en die beskikbaarheid van
biotope (veral in terme van inheemse plante) om biodiversiteitsdoelwitte te bereik word gemaak.
Die rol van opvanggebied bestuur, voorrang prosedures en lang termyn monitering word ook
bespreek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50440
Date12 1900
CreatorsSharratt, Norma
ContributorsSamways, M. J., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Conservation Ecology and Entomology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format246 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0099 seconds