Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study is undertaken in the wake of an increase in publications on the work of the Holy Spirit, on the one hand, and Analphabetisierung, an inability to think and talk about the Spirit on the other. The study endeavours to find a theologically-responsible way of reflecting on the Spirit by specifically focussing on the German systematic theologian Michael Welker’s theology of the Spirit and by offering an in-depth analysis of this theology.
Chapter I shows that the relationship between the Spirit and the Word functions as the foundation of Welker’s theology of the Spirit. At the same time the relationship between Spirit and Word serves as vital background to Welker’s theology as this realistic theology best typifies Welker’s methodology.
In Chapter II, Welker’s use of the concept of “Selbstlosigkeit” serves a key to understanding his theology of the Spirit: it is argued that the Spirit is selfless. The chapter offers a detailed description and analysis of Welker’s views on the relationship between the Spirit and Chirst.
In Chapter III the theologically-significant concepts “sozial”, “soziale Sphäre”, and “öffentlich” are used to further explain Welker’s theology of the Spirit. It is the Spirit who establishes a social sphere in the world, which Welker also describes as the “public person” of the Spirit.
Chapter IV investigates the unique nature of this selfless and social Spirit. While the interconnectedness between the Spirit and the Son and the Spirit and the Creator has been analysed in the previous chapters, this focus shifts to what Welker attributes to the Holy Spirit in particular. The Spirit is reflected upon in light of the confession of the church of all ages to show that the self in the sphere of the Spirit becomes known by social sensitivity and self- and social criticism. In conclusion the study indicates how Welker intentionally develops his theological frame of thought on the Spirit in the light of the relationship between the respective theological frames of thought of Schleiermacher and Barth. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dié studie word onderneem in die gees van ‘n opbloei in die werke oor die Heilige Gees aan die een kant, en ‘n Analphabetisierung, ‘n gebrekkige vermoë om oor die Gees te dink en praat aan die ander kant, op soek na maniere om wél teologies verantwoordelik oor die Gees na te dink. Die studie fokus spesifiek op die Duitse sistematiese teoloog Michael Welker se Teologie van die Gees en wil die struktuur van dié Teologie ondersoek en in diepte ontleed.
In hoofstuk I word getoon dat die verhouding tussen die Gees en die Woord as die saadbed van Welker se Teologie van die Gees gesien kan word. Hierdie agtergrond is onontbeerlik om Welker se teologie te verstaan, omdat hierdie realistiese teologie as beste tipering van sy metodologie dien.
In hoofstuk II word die begrip van “Selbstlosigkeit” gebruik om hierdie Teologie van die Heilige Gees te ondersoek. Die Gees, volgens Welker, só word geargumenteer, is selfloos. In die hoofstuk word die verhouding tussen die Gees en Christus in diepte bestudeer.
In hoofstuk III word die gelaaide begrippe, “sozial”, “soziale Sphäre”, en “öffentlich” gebruik om die struktuur van sy Teologie van die Heilige Gees verder te beskryf. Die Gees vestig ‘n sosiale sfeer in die wêreld, wat Welker ook beskryf as die “publieke persoon” van die Gees.
In hoofstuk IV word die besondere aard van hierdie selflose en sosiale Gees dan ondersoek. Waar die interkonneksie tussen die Gees en die Seun en die Gees en die Skepper ontleed is, word in hierdie hoofstuk gefokus op dit wat Welker in besonder aan die Heilige Gees toeskryf. In die hoofstuk word die Gees in die lig van die belydenis van die kerk van alle tye en streke ondersoek, en word dit duidelik dat die self in die sfeer van die Gees geken word aan self-kritiek, sosiale sensitiwiteit, en sosiale kritiek. Ten slotte word aangedui dat en hoe Welker sy denkraamwerk oor die Gees doelbewus ontwikkel in die lig van die verhouding tussen die denkraamwerke van Schleiermacher en Barth.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85805 |
Date | 12 1900 |
Creators | Van Der Westhuizen, Henco |
Contributors | Smit, D. J., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Systematic Theology and Ecclesiology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 490 leaves |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0018 seconds