Return to search

Die Tradisionele wereldbeskouing van die Khoekhoen

Die Khoekhoe-wereldbeskouing is aan die hand van literatuurnavorsing,
waarneming en ondervraging van informante ondersoek.
Informante uit die twee Khoekhoe-hoofgroepe naamlik die Kaapse
Khoekhoen en die Nama, is betrek. Vanwee die effek van verwestersing
ken slegs gegewens ocr die wereldbeskoulike in die religie,
die sosiale organisasie en die gesondheidsbevordering
bekom word.
Daar is gevind dat die beginsel van lewenskrag die basis van
die Khoekhoe-wereldbeskouing vorm. Hiervolgens sou die entiteite
in die heelal, insluitende bonatuurlike wesens, die mens
en die natuur, met krag belaai wees, en sou elke entiteit ocr
'n bepaalde hoeveelheid krag beskik volgens sy plek in 'n kraghie~
argie. 'n Vermeerdering in krag by 'n bepaalde entiteit
sou die balans tussen kragte in die heelal en dus die verhouding
tussen entiteite versteur. Die siening is gehuldig dat
die mens die grootste hoeveelheid lewenskrag in die oggend en
net na 'n oorgangstadium besit, en daagliks asook van een oorgangstadium
tot die volgende kragverlies sou ondervind.
In ooreenstemming met die gedagte dat entiteite in die heelal
slegs verskillende manifestasies van lewenskrag sou wees, is
die geheel as belangriker as die besondere beskou en is weinig
onderskeid tussen natuurlik en bonatuurlik of menslik en niemenslik
gemaak.
Die mens sou 'n natuurlike band met sy of haar geboorteplek he.
In teenstelling hiermee is die aardse omgewing buite die geboorteplek
as vyandig ervaar. Groot nadruk is geplaas op die
verkryging van harmonie met die omringende omgewing deur middel
van handelinge van assosiering.
Die Khoekhoen het duidelik tussen geed en kwaad onderskei. Die
goeie het gesondheid, lewe en vooruitgang ingesluit. Hierteenoor
het die kwaad siekte, deed en agteruitgang omvat. Die
goeie is toegeskryf aan Tsui//Goab, die goeie god, en die kwaad
aan //Gaunab, die slegte god. Albei die wesens is as die fundamentele
oorsaaklike faktore beskou. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1990. / gm2014 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/42710
Date January 1990
CreatorsHoff, J Ansie
ContributorsCoertze, Roelof Dewald
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 1990 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0019 seconds