Text in Afrikaans / Die uitsluitlike doel van die studie was om die navorsingsprobleem, naamlik om vas te stel op watter wyse die leierskapstyl van opleidingsbestuurders die werksbevrediging van opleidingskonsultante beïnvloed wat volwassene-onderwys binne ʼn bepaalde bankgroep in Suid-Afrika verskaf, aan te spreek.
Die navorser het bepaalde leierskapstyle (naamlik die demokratiese-, outokratiese- en laissez-faire leierskapstyle) en werksbevredigingskomponente geselekteer (naamlik ondersteuning, verhoudings en bemagtiging) ten einde dié ondersoek te doen.
ʼn Vraelys is ontwerp wat as kwantitatiewe navorsingsinstrument gebruik is om navorsingsdata elektronies te versamel oor respondente se biografiese besonderhede, hulle bestuurder se leierskapstyl en respondente se persepsies van hul eie werksbevrediging. Een-en-negentig (91) uit eenhonderd sewe-en-dertig (137) respondente het die vraelys per e-pos voltooi, wat ʼn responskoers van 66.42% verteenwoordig.
Uit die navorsingsresultate en -analise het dit geblyk dat leierskapstyl wél die persepsies van respondente oor elk van die werksbevredigingskomponente statisties beduidend beïnvloed het. / The sole aim of this study was to address the research problem, namely to determine the way in which the leadership style of training managers influences the work satisfaction of training consultants that provide adult education within a specific bank group in South Africa.
The researcher selected specific leadership styles for the purpose of thís study (namely the democratic, outocratic and laissez-faire leadership styles) and work satisfaction components (namely support, relationships and empowerment) to carry out thís investigation.
A questionnaire was designed which was used as quantitive research instrument to gather research data electronically about respondents’ biographical details, their manager’s leadership style and the perceptions of respondents regarding their own work satisfaction. Ninety-one (91) out of one-hundred-and-thirty-seven (137) respondents completed the questionnaire by email, which represents a response rate of 66.42%.
Out of the research and analysis results it became evident that leadership style indeed influenced the perceptions of respondents over each of the work satisfaction components in a statistically significant way. / Educational Studies / M. Ed. (Volwassene-onderwys)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/13177 |
Date | January 2013 |
Creators | Booyse, Cornelius Johannes |
Contributors | Van Niekerk, E. J., Jansen, Cecelia Aletha, 1951- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xx, 184 leaves) : col. ill. |
Page generated in 0.0024 seconds