Return to search

Kurrikulumhersiening in ‘n veranderde Suid-Afrika: ‘n studie van die arbeidsterapiekurrikulum aan die Universiteit van Wes-Kaapland

Doctor Educationis / ‘n Gevallestudie binne die kwalitatiewe metodologiese paradigma is gebruik om die
hersiene Arbeidsterapiekurrikulum by die Universiteit van Wes-Kaapland te interpreteer.
Die doel van die studie was om te bepaal hoe die hersiene kurrikulum aan die handelingsgerigte wetenskaplike raamwerk van die beroep, die gemeenskapsgebaseerde
visie van die veranderde gesondheidsorgbenadering in Suid-Afrika na 1994, en aan die
beginsels van studentgesentreerde opleiding voldoen. Eerstens, is konseptuele duidelikheid verkry omtrent die ontplooiende verwikkelinge in die Arbeidsterapieprofessie na ‘n teoretiese raamwerk van handelingsgerigte wetenskap
en van transformasie van gesondheidsdienste in die land. Tweedens, deur die proses van konseptuele analise en deur die gebruik van dokumentêre analise, tematiese analise van studente se geskrewe evaluerings en ‘n fokusgroeponderhoud met
Arbeidsterapiepersoneel, is die data ge-analiseer. Die konseptuele analise van die
hersiene Arbeidsterapiekurrikulum het areas van kurrikulumstruktuur, onderrig en leer,
studente-assessering, praktiese opleiding, personeel se professionele ontwikkeling en
navorsing ingesluit. Vanuit die konseptuele analise is gevolgtrekkings en aanbevelings
gemaak. Die hoofgevolgtrekking wat na aanleiding van my interpretasie en bevinding in die Arbeidsterapiekurrikulummodel voorgestel word, is dat die Arbeidsterapiekurrikulum
deur drie teoreties-opvoedkundige vertrekpunte naamlik: handelingsgerigte wetenskap,
primêre gesondheidsorgbenadering en studentgesentreerde onderrigbenadering
ondersteun word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/3273
Date January 2009
CreatorsDe Jongh, Jo-Celene
Contributorsvan Rensburg, Viki Celeste Janse, Smith, Juliana
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.002 seconds