In Sweisbril het ons te make met die middelklas en submiddelklas wereld van die voorstede onder andere Springs, Vereeniging en Kroonstad: die fisiek en geestelik gestroopte wereld van scrapyards, Seven Elevens, karavaanparke en plotte. Die karakters is onteiendes, sukkelaars en dromers; haarkappers, petroljoggies, bankklerke, ensovoorts. Algar produkte van hul omstandighede, gelyktydig slagoffers en slagters; in hierdie wereld is daar geen ware good guys of bad guys nie. Die optrede van die karakters is bloot simptomaties van iets wat veel dieper strek as wat hulle self besef, iets wat ontstellend en onherstelbaar is: 'n onhoudbare uitsigloosheid, waarteen blink planne, vol whisky-flesse en selfs 'n sweisbril maar min verweer bied.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/21689 |
Date | January 1999 |
Creators | Botha, Jaco |
Contributors | Van Heerden, Etienne |
Publisher | University of Cape Town, Faculty of Humanities, Afrikaans and Netherlandic Studies |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Master Thesis, Masters, MA |
Format | application/pdf |
Page generated in 0.0016 seconds