Return to search

Gevallestudie van realistiese wiskudige benadering in getalbegrip 1-99

Thesis (MTech (Education))--Cape Peninsula University of Technology, 2009 / Huidiglik is die uitslae van wiskunde in Suid-Afrika baie swak in vergelyking met ander lande.
Selfs die meeste Afrika-Iande presteer beter, Die doel van hierdie studie is om die redes en
gevolge vir hierdie swak prestasies vas te stel. Dit is ook die navorser se poging om 'n
bydrae te lewer tot beter wiskundige ontwikkeling ten opsigte van getalbegrip in die
Grondslagfase deur aanbevelings vir opvoeders daar te stel wat benut kan word om hierdie
doel te verwesenlik.

In die literatuurstudie is Konstruktivisme, soos gesien deur Piaget en Vygotsky, breedvoerig
bespreek. Die Realistiese benadering tot wiskundige ontwikkeling in getalbegrip is ook
bestudeer. Verder is gefokus op.verskeie aspekte wat wiskundige ontwikkeling beinvloed,

Die rede vir graad een en twee leerders se swak getalbegrip van 1 tot 99 en 'n moontlike
oplossing vir hierdie probleem gee aanleiding tot die volgende navorsingsvrae:

Dien die Plannemakerprogram as 'n doeltreffende hulpmiddel vir grade een en twee
opvoeders om leerders se getalbegrip 1 tot 99 te verbeter? en

Verbeter die Realistiese benadering, 5005 gevolg in die Plannemakerprogram, leerders se
getalbegrip 1 tot 99?

'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik om die empiriese studie te voltooi. Vier skole in
die Overberg-distrik, twee relatief groot en twee multi-graadskole, is gebruik. Gestruktureerde
onderhoude is gevoer met ses graad een- en twee opvoeders en getalbegriptoetse is met hul
leerders afgele,

Die navorsingsresultate het getoon dat opvoeders wei riglyne benodig vir suksesvol!e
ontwikkeling van getalbegrip in die Grondslagfase. Dit bevestig ook dat die grondlegging van
goeie getalbegrip in graad een gele word en indien leemtes in hierdie belangrike
aanvangsjaar ontstaan, leerders vorentoe probleme ondervind. Leerders by skole een en
drie, waar die Plannemakerprogram gevolg is, se uitslae is heelwat hoer as skole twee en
vier waar opvoeders ander benaderings gevolg het. Die uitslae van skool een se graad twee
leerders, waar die Plannemakerprogram reeds vanaf graad een gevolg is, is ook beduidend
hoer as skool drie waar die Plannemakerprogram slegs vanaf graad twee gevolg is.

Hierdie navorsingstudie ondersoek, analiseer en bespreek die resultate met aanbevelings.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/1889
Date January 2009
CreatorsCloete, Catharina Sandra Magdalena
PublisherCape Peninsula University of Technology
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageOther
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0023 seconds