Return to search

Die toepassing van die proses van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning deur kategorie B plaaslike owerhede

Samevattende oorsig: In hierdie skripsie, is 'n studie onderneem ten opsigte van die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanningsproses, wat die proses van beplanning en die toepassing van hierdie beplanningsresultate ten opsigte van twee klein B-munisipaliteite in die Wes-Kaap Provinsie insluit. Die skripsie bestaan uit sewe hoofstukke en is gebaseer op die veronderstelling dat die beplanningsproses van so 'n tegniese aard is dat kleiner owerhede nie in staat is om die proses na behore te kan bestuur nie. Dit gaan verder van die onderstelling uit dat die implementeeringskapasiteit by kleiner owerhede ontbreek om dievoorsiene uitkomste na behore te realiseer. Die primêre doelwitte van die navorsing sluit die volgende in: 'n basiese oorsig van openbare bestuur, die rolle en funksies van funksionarisse binne hierdie omgewing en die veranderende aard van openbare bestuur. Die proses van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning binne plaaslike regering word bestudeer met 'n volledige proses toeligting. Die noodsaaklikheid van beplanning en prestasiebestuur word bevestig tesame met die uitdagings en probleme wat die nuwe benadering bring aan klein plaaslike owerhede. 'n Finale waardebepaling rond die studie af. Die studie bestaan uit bronnavorsing om die veranderende aard van openbare bestuur toe te lig tesame met die werklike aard van die beplanningsproses soos vereis binne relevante wetgewing. Die impak van hierdie vereistes op klein plaaslike owerhede in die Wes-Kaap word ontleed aan die hand van twee geïntegreerde ontwikkelingsplanne soos deur die skrywer hiervan gefasiliteer by dié owerhede. Die gevolgtrekkings gemaak uit hierdie studie word dan ook aangedui met 'n aanbeveling oor die mees sinvolle inkrementele benadering ten opsigte van ontwikkeling as proses en die deelname van rolspelers daarbinne.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:10768
Date January 2004
CreatorsEls, Christoffel Gerhardus
PublisherPort Elizabeth Technikon, Faculty of Commerce and Governmental Studies
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MTech (Public Management)
Format97 leaves, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0073 seconds