Return to search

Byvoeding van skape op aangeplante weiding in 'n mediterreense klimaat

Tydens embrio ontwikkeling groei weefsel deur selvermeedering, maar soos wat soogdiere volwassendheid nader vind groei net plaas deur sel vergroting. Volwassenheid word beskou as wanneer spiergroei ‘n maksimum bereik. Groei sluit die neerlegging van vet in, maar spiermassa is van primêre belang. Die groeikurwe (Fig 1) waarin massatoename teenoor ouderdom vergelyk word, volg ‘n sigmoidale kurwe (Owens et al, 1993). Onder ideale toestande is die groeitempo van lammers relatief konstant van kort na geboorte totdat die helfte van volwassemassa bereik word, waarna dit geleidelik afneem tot volwassenheid (Black, 1983). Die afname in groeitempo begin gewoonlik met die bereiking van puberteit (Owens et al, 1993).

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:10949
Date January 2001
CreatorsAucamp, Barend Bernadus
PublisherPort Elizabeth Technikon, Department of Agricultural Management
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MTech (Agriculture)
Format72 leaves, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0019 seconds