Return to search

The role of corporate social responsibility in retrenchment / Ryk Ludolph Croukamp

Personeelvermindering as gevolg van operasionele redes word gelykgestel aan 'n ekonomiese doodstraf, aangesien geaffekteerde werknemers weinig, indien enige skuld het aan hierdie traumatiese ervaring. Die toenemende bekommernis oor hierdie verskynsel en die totstandkoming van mense-en arbeidsregte het dan ook veroorsaak dat hierdie verskynsel op 'n internasionale vlak omsigtig en deeglik benader word deur beide wetgewers en arbeidsorganisasies. Verandering in die wêreld geskied teen 'n snelle pas en vind op alle terreine van die samelewing plaas. Suid-Afrika is onlosmaakbaar deelgemaak van hierdie wêreld en word dus ook blootgestel aan honger internasionale maatskappye wat almal veg vir oorlewing en groter markaandele in 'n globaliserende wêreldekonomie. Dit laat Suid - Afrika
met 'n dringende behoefte om meer mededingend te word. Om dit te kan bereik, moet aan die knellende behoefte aan opleiding aandag geskenk word, sowel as aan die skepping van aantreklike internasionale beleggingsgeleenthede. Internasionale beleggers raak gou afgeskrik deur hoë werkloosheid en misdaad, en hier is Suid -Afrika ver agter die Ooste. Die tendens van globalisering en die uitwerking van sekere aspekte daarvan op werkloosheid noodsaak dus dringende fokus op kwellende kwessies, soos: Hoe om werkloosheid te verminder, teenoor die behoefte aan verhoogde produktiwiteit en verbeterde internasionale mededingingsvermoë. Hierdie veranderinge het ook meegebring dat verbruikers, werknemers en die gemeenskap waarin maatskappye besigheid bedryf, uiters sensitief begin word het vir onverantwoordelike optrede van maatskappye teenoor die gemeenskap, die werknemers en die omgewing. Hierdie veranderinge en die gevolge daarvan lei tot 'n groeiende bewustheid van en ernstige behoefte aan korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. Die waarde hiervan word in 'n al hoe groter mate besef en maatskappye aanvaar hierdie verantwoordelikheid toenemend in alle dimensies van die gemeenskap. Die manier waarop maatskappye met mense omgaan, word direk beïnvloed deur werkspraktyke en korporatiewe sosiale verantwoordelikheid het dus 'n fundamentele uitwerking op hoe potensiële hoëgehalte kennis-werkers die maatskappy beskou. Dit word derhalwe al hoe belangriker dat werkgewers die menings van hulle eksterne en interne belangegroepe ernstig opneem, aangesien globalisering besig is om die magsbasis tot voordeel van die werknemers te verskuif. Intussen sal personeelvermindering voortgaan ten spyte van duidelike bewyse dat die langtermynvoordele daarvan verdag is, en dit plaas 'n enorme sosiale verantwoordelikheid op werkgewers. Die goed nagevorste verband tussen misdaad en werkloosheid dui duidelik op die onderprestering van die regering teenoor beloftes wat gemaak is. Dit is juis om dié rede dat die rol van maatskappye in die gemeenskap al hoe meer onlosmaaklik deel van die besigheid word. Die uiteindelike gevolg hiervan is 'n onaanvaarbare hoë misdaadsyfer, wat weer lei tot 'n gebrek aan beleggingsvertroue, wat op sy beurt weer lei tot personeelvermindering. / Thesis (Ph.D. (Industrial Sociology))--North-West University, Vaal Triangle Campus, 2008.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/2290
Date January 2007
CreatorsCroukamp, Ryk Ludolph
PublisherNorth-West University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds