Return to search

Openbaarmaking van seksuele misbruik gedurende jong volwassenheid / Amoraal J.

Kinderseksuele misbruik het langtermyneffekte op die persoon wat as kind seksueel
misbruik is, en dit kan strek tot in sy of haar jong volwasse jare. Dit is dus belangrik
dat daar aandag gegee word aan die nodige ondersteuningsnetwerke/hulpbronne
wat beskikbaar is vir jong volwassenes wat slagoffers is van seksuele misbruik
tydens hulle kinderjare. Deur te bepaal aan watter persone hierdie slagoffers bereid
is om die misbruik te openbaar, kan gebruik gemaak word van eienskappe wat
benodig word vir effektiewe openbaarmaking.
Met die gemengde kwantitatiewe en kwalitatiewe navoringsontwerp is daar op die
tweede– en derdejaar maatskaplike werkstudente van die Noordwes–Universiteit
(Potchefstroomkampus) as respondente van die studie gefokus. Daar is gebruik
gemaak van ‘n doelgerigte steekproef om respondente te verkry vir die studie en
selfopgestelde, groep–geadministreerde vraelyste is aan hulle uitgedeel.
Die verkennende navorsingsontwerp is gebruik om meer inligting oor die
navorsingsonderwerp te bekom, aangesien daar beperkte inligting beskikbaar is en
min navorsing daaroor onderneem is binne die Suid–Afrikaanse opset.
Die doel van die studie is om vas te stel watter hulpbronne beskikbaar gestel moet
word aan slagoffers van seksuele misbruik tydens hulle kinderjare, sodat hulle
vroeër in hulle lewe die misbruik openbaar en die nodige hulp kan verkry vir die
trauma wat hulle ervaar het.
Dit is uit die bevindings duidelik dat die noodsaaklikheid bestaan vir die
bewusmaking onder die gemeenskap om van die beskikbare hulpbronne vir persone
wat slagoffers van kinderseksuele misbruik, gebruik te maak.
Aanbevelings rakende die inhoud word in die studie uiteengesit en aanbevelings vir
verdere navorsing word ook aan die hand gedoen. Die gebruik van
bewusmakingsprogramme is noodsaaklik om die gemeenskap in te lig oor die
dinamika van kinderseksuele misbruik. / Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/7340
Date January 2011
CreatorsAmoraal, Jomien
PublisherNorth-West University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0024 seconds