Return to search

Dataselektering en –manipulering vir statistiese Engels–Afrikaanse masjienvertaling / McKellar C.A.

Die sukses van enige masjienvertaalsisteem hang grootliks van die hoeveelheid en kwaliteit van die beskikbare afrigtingsdata af. n Sisteem wat met foutiewe of lae–kwaliteit data afgerig is, sal uiteraard swakker afvoer lewer as n sisteem wat met korrekte of hoë–kwaliteit data afgerig is. In die geval van hulpbronarm tale waar daar min data beskikbaar is en data dalk noodgedwonge vertaal moet word vir die skep van parallelle korpora wat as afrigtingsdata kan dien, is dit dus baie belangrik dat die data wat vir vertaling gekies word, so gekies word dat dit teksgedeeltes insluit wat die meeste waarde tot die masjienvertaalsisteem sal bydra. Dit is ook in so n geval uiters belangrik om die beskikbare data so goed moontlik aan te wend.
Hierdie studie stel ondersoek in na metodes om afrigtingsdata te selekteer met die doel om n optimale masjienvertaalsisteem met beperkte hulpbronne af te rig. Daar word ook aandag gegee aan die moontlikheid om die gewigte van sekere gedeeltes van die afrigtingsdata te verhoog om sodoende die data wat die meeste waarde tot die masjienvertaalsisteem bydra te beklemtoon. Alhoewel hierdie studie spesifiek gerig is op metodes vir dataselektering en –manipulering vir die taalpaar Engels–Afrikaans, sou die metodes ook vir toepassing op ander taalpare gebruik kon word.
Die evaluasieproses dui aan dat beide die dataselekteringsmetodes, asook die aanpassing van datagewigte, n positiewe impak op die kwaliteit van die resulterende masjienvertaalsisteem het. Die uiteindelike sisteem, afgerig deur n kombinasie van verskillende metodes, toon n 2.0001 styging in die NIST–telling en n 0.2039 styging in die BLEU–telling. / Thesis (M.A. (Applied Language and Literary Studies))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/7626
Date January 2011
CreatorsMcKellar, Cindy.
PublisherNorth-West University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds