Return to search

Risiko-gebaseerde besluitondersteuning in siviele ingenieurswese: 'n metodologiese benadering tot verbeterende inligtingversameling en benutting

356 Leaves printed single pages, preliminary pages i-xxii and numbered pages. Includes bibliography. List of tables, list of figures and abbreviations. / Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT:Decisions affecting construction projects are often characterised by uncertainty.
One of the sources of this uncertainty is the unit costs used in detail
cost estimates. Analytical techniques are available to model these uncertainties,
but information is required to quantify it. Historical data is the preferred source
of information, but due to unavailability and unreliability it hampers the application
of the analytical techniques. Changes in the construction environment
necessitate the improvement of data sources and the utilisation thereof in a
structured, comprehensive and integrated manner.
The purpose of this study is to determine how decision-making can be improved
by enhanced information capturing and usage of relevant data for
improved cost calculations. This is achieved by investigating the various components
of an information system, viz. dataflow, data source, data application,
and shown how an integrated development of each of these components with
processmodelling, database development and quantitative risk analysis can
lead to improved decision-making. This is achieved by the conceptual redevelopment
and development of information systems for decision support in two
different construction environments, viz. road and dam construction, respectively.
During the research it was found that processmodelling can contribute to the
improvement of dataflow in the fragmented construction environment, but that
shortcomings exist in the processmodelling tools. A method, based on set and
graph theory, was developed to address it. It was also found that database
development provides the opportunity to improve the quality of data stored in
electronic format. A comprehensive database model to store all information
relevant to construction costs, specifications and legal documents with the
required error checking mechanisms was developed. The benefit of modelling
the global uncertainty of project cost estimates with probabilistic techniques
such as Monte Carlo simulation and the Limit State Cost Function, whilst including
the effects of correlation, is also shown.
The information gained from historical data-analysis, besides the application
in the probabilistic techniques, was used to identify properties such as impact,
variability and correlation. It was found in the study that a shortage of descriptive
information, whether it be at project or item level, is predominately the
source of variability in unit cost data after errors have been removed. In order to
identify the information that would contribute to the lowering of variability a
method was developed by using influence factors and unit cost correlation
mechanisms to identify the most influential factors for data capturing. This led to
the development of an ideal data-application model in which all the relevant
data used in the different cost-estimation phases, viz. long term, conceptual and
detail, would be captured and used.
Based on what was found, a generic information system development model
was proposed that indicated the interaction of all the aspects that were investigated.
Two of the model’s foremost properties are its self-triggering process and
incremental development (improvement). On top of this development model a
development process was designed that can be used for the structured, comprehensive
and integrated development/redevelopment of an information
system for cost calculation. / AFRIKAANSE OPSOMMING:Besluite in konstruksieprojekte word gereeld gekenmerk deur onsekerheid.
Een van die bronne van onsekerheid is die eenheidtariewe wat tydens
detailkosteberekeninge gebruik word. Analitiese tegnieke is beskikbaar om die
onsekerhede te modelleer. Inligting word egter benodig om die onsekerhede
mee te kwantifiseer. Die voorkeur bron van inligting is historiese data, maar
weens onbeskikbaarheid en lae akkuraatheid daarvan striem dit die aanwending
van die analitiese tegnieke. Veranderde omstandighede in die
konstruksiebedryf noodsaak egter die verbetering van databronne en aanwending
daarvan op ’n gestruktureerde, omvattende en geïntegreerde wyse.
Die doel van hierdie studie is om te bepaal hoe besluitneming verbeter kan
word deur inligtingversameling en benutting van relevante data vir konstruksiekosteberekeninge
te verbeter. Dit word gedoen deur die onderskeie aspekte
wat deel vorm van ’n inligtingstelsel, nl. die datavloei, datastoring en aanwending
te ondersoek en te toon hoe geïntegreerde ontwikkeling van elk van
hierdie aspekte met behulp van prosesmodellering, databasisontwikkeling en
kwantitatiewe risiko-analise, ’n bydrae kan maak tot verbeterde besluitneming.
Dit word gedoen deur twee verskillende omgewings, nl. padbou en dambou, as
moontlike toepassingsomgewings te gebruik vir onderskeidelik die herontwikkeling
en ontwikkeling van so ’n inligtingstelsel vir besluitneming.
Tydens die ondersoeke is dit gevind dat prosesmodellering ’n waardevolle
bydrae kan lewer tot die verbetering van datavloei in die gefragmenteerde
konstruksie-omgewing, maar dat tekortkominge in die modelleringsprogramme
bestaan. ’n Metode, gebaseer op versameling- en grafiekteorie, is ontwikkel om
hierdie aspekte aan te spreek. Dit is ook gevind dat databasisontwikkeling die
geleentheid bied om die kwaliteit van elektronies gestoorde databronne te
verbeter. ’n Datamodel wat omvattend genoeg is om al die inligting wat met
konstruksiekoste, spesifisering en regsdokumente verbandhou te stoor, is
ontwikkel met die nodige fout-onderskeppingsmeganismes. Die nut van probabilistiese
tegnieke soos Monte Carlo-simulasie en die Limietstaat Kostefunksie
om die globale onsekerheid van projekte se kosteberamings te modelleer en die
effek van korrelasie op die resultate in ag te neem, is ook getoon.
Die inligting afkomstig van historiese data-ontleding, naas die aanwending in
die probabilistiese tegnieke, is gebruik om die eienskappe soos impak, veranderlikheid
en korrelasiemeganismes, te bepaal. Dit is in die studie gevind dat ’n
tekort aan beskrywende inligting, hetsy op projek- of itemvlak, die oorwegende
bron van veranderlikheid is nadat foutiewe data verwyder is. Om egter die
beskrywende inligting te bepaal wat ’n bydrae kan maak tot die verlaging van
hierdie veranderlikheid is ’n metode ontwikkel met behulp van invloedfaktore en
eenheidtariefkorrelasiemeganismes om die mees omvangryke faktore te bepaal
vir onderskepping. Dit het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van ’n ideale
data-aanwendingmodel waarin al die relevante inligting vir die verskillende
fases van kosteberekening, nl. langtermyn, konseptueel en detail, onderskep en
gebruik word.
Gebaseer op dit wat gevind is, is ’n generiese inligtingstelsel ontwikkelingmodel
voorgestel wat die interaksie van al die aspekte wat ondersoek is ten
opsigte van mekaar toon. Twee van die hoofkenmerke van hierdie model is die
selfvoerende proses en die inkrementele ontwikkeling van die stelsel. Op hierdie
ontwikkelingmodel is ’n ontwikkelingproses gebou wat gebruik kan word vir
die gestruktureerde, omvattende en geïntegreerde ontwikkeling/herontwikkeling
van ’n inligtingstelsel vir kosteberekeninge.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/15934
Date12 1900
CreatorsBester, Andre
ContributorsRetief, J. V., University of Stellenbosch. Faculty of Engineering. Dept. of Civil Engineering.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxxii, 226 leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0034 seconds