Thesis (M.Sc.)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Current technological development has a strong impact on education. Students
normally have free access to computers and the internet. Computer-based
instruction is more frequently available in classrooms and reinforces the
traditional educational systems.
The purpose of this study was to determine whether a computer-based program,
Auralia 2.1, can be used effectively in the Music Certificate Course of the
University Stellenbosch.
Due to limited time during lessons as well as time-constraints for individual
practising by the students, the researcher investigated the efficacy of Auralia 2.1
for use in the classroom. Students are able to practise individually during
lessons as well as on their own. The problem to find a peer to practise aural
training is therefore avoided as the computer fulfills this function.
The researcher administered Auralia 2.1 on a group of eight Certificate students
from the University Stellenbosch. The evaluation period consisted of two
semesters of fourteen weeks each. The researcher used the traditional method
of aural training in the first semester and she used Auralia 2.1-sessions in the
second semester. The researcher compared the two semesters to each other to
ensure the integrity of the results of the research.
The researcher systematically held record of observations as well as the
progress of the students. Questionnaires were completed and interviews were
held as part of the evaluation process. Suggestions are made in this thesis on
how Auralia 2.1 can be used effectively for educational aims. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hedendaagse ontwikkeling in tegnologie het ‘n sterk invloed op opvoeding.
Studente het oor die algemeen vrye toegang tot rekenaars en die internet.
Rekenaargesteunde onderrig kom toenemend in klaskamers voor en word ter
versterking van die tradisionele onderwysstelsel gebruik.
Die doelstelling van hierdie navorsing was om te bepaal of ‘n rekenaargesteunde
onderrigprogram, naamlik Auralia 2.1, effektief benut kan word in die
musiekoorbruggingsprogram (Sertifikaatkursus) van die Universiteit
Stellenbosch.
Weens beperkte klastyd en ‘n gebrek by Sertifikaatstudente aan noodsaaklike
tyd vir gehooropleidingsoefeninge, het die navorser ondersoek ingestel na die
effektiwiteit van Auralia 2.1, vir gebruik in die klas. Die studente kon met behulp
van die rekenaar individueel tydens asook buite klastyd oefen. Probleme om ‘n
“oefenmaat” vir gehoor te vind is dus uitgeskakel aangesien die rekenaar daardie
funksie vervul het.
Die navorser het die program Auralia 2.1 op ‘n groep van agt Sertifikaatstudente
van die Universiteit Stellenbosch toegepas. Die evaluering het oor twee
semesters van veertien weke elk gestrek. Die navorser het in die eerste
semester ‘n tradisionele metode van gehooropleiding gevolg en in die tweede
semester het sy gebruik gemaak van Auralia 2.1-sessies. Die navorser het die
twee semesters met mekaar vergelyk om sodoende die integriteit van die
navorsingsresultate te verseker.
Daar is tydens die navorser se studie sistematies verslag van die waarnemings
en die studente se vordering gehou. Vraelyste is voltooi en onderhoude gevoer
as deel van die evalueringsproses. In hierdie tesis word daar ook voorstelle
gemaak oor hoe Auralia 2.1 effektief gebruik kan word vir opvoedkundige
doeleindes.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16603 |
Date | 12 1900 |
Creators | De Villiers, Corinne |
Contributors | Smit, M., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 181 leaves |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0027 seconds