Return to search

Sienings van laerskoolopvoeders en -skoolhoofde van leerders wat begaafd is

Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Onderwys in Suid-Afrika het na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 ‘n
transformasieproses beleef. Beleidsveranderinge, rasionalisering, kurrikulumvernuwing
en toenemende leerderdiversiteit in elke hoofstroomklaskamer was slegs ‘n paar van die
uitdagings wat opvoeders en skoolhoofde in die laerskool moes hanteer. Resente
publikasies toon dat die transformasie van die nuwe onderwysbedeling ‘n negatiewe
uitwerking op begaafdheidsonderrig gehad het. Daar is minimale aandag aan
begaafdheidsonderrig geskenk. Hoewel Onderwyswitskrif 6 (Departement van
Onderwys, 2001) erkenning verleen aan alle leerderdiversiteite, word daar nie eksplisiet
na begaafdheidsonderrig verwys nie.
Die doel van hierdie kwalitatiewe studie was om ‘n duidelike beeld te verkry oor die
sienings van laerskoolopvoeders en -skoolhoofde van leerders wat begaafd is. Hierdie
studie het spesifiek ten doel gehad om die deelnemers se beskouings onderliggend aan
begaafdheid te identifiseer, asook om die leemtes vas te stel wat toepaslike
begaafdheidsonderrig belemmer.
Hierdie navorsing het bevind dat daar tans in die laerskole van ondersoek ‘n gaping
bestaan tussen amptelike beleid en klaskamerpraktyk. In die lig hiervan erken
opvoeders en skoolhoofde dat leerders wat begaafd is nie effektief en toepaslik ingesluit
word in die huidige hoofstroomklaskamer nie. Dit blyk verder dat ‘n gebrekkige opleiding
in begaafdheidsonderrig, die leemte aan ‘n werkbare nasionale definisie van
begaafdheid, asook uiteenlopende sienings van inklusiewe onderwys, die volhoubare
ondersteuning en toepaslike onderrig belemmer van leerders wat begaafd is.
Deelnemers aan hierdie studie erken dat onvoldoende voorsiening in UGO vir die
spesifieke eise van leerders wat begaafd is, asook baie ander hindernisse in die
hoofstroomklaskamer, veroorsaak dat hierdie leerders nie na behore onderrig en
ondersteun word nie. Die laerskoolopvoeders en -skoolhoofde is van mening dat
suksesvolle implementering van beleid en toepaslike onderrig van leerders wat begaafd
is, nie sonder volhoubare ondersteuning en kollaborasie van alle rolspelers kan geskied
nie. Daarom word die belangrikheid van groter gemeenskapsbetrokkenheid en die
iv
volhoubare ondersteuning van distriksgebaseerde ondersteuningspanne veral
beklemtoon.
Die bevindinge van hierdie studie het ook belangrike implikasies vir onderwysopleiding
binne die huidige onderwyssisteem. Hierdie studie bevestig die noodsaaklikheid van
toepaslike voor- en indiensopleiding in begaafdheidsonderrig vir alle opvoeders sodat
ons land se spreekwoordelike ongeslypte diamante tot sierade vir die samelewing
gevorm kan word.
Sleutelwoorde: sienings, laerskoolopvoeders en -skoolhoofde, leerders wat begaafd is,
inklusiewe onderwys, hoofstroomklaskamer, opleiding, kollaborasie, gemeenskap,
identifisering, definiëring, onderrig / ENGLISH ABSTRACT: Education in South Africa experienced a process of transformation since the first
democratic election in 1994. Policy changes, rationalisation, curriculum changes and
increased learner diversity in each and every mainstream classroom are only a few of
the challenges educators and principals have to face in primary schools. Recent
publications confirm that the transformation of the new education system had a negative
effect on gifted education. Only minimal attention was given to educating the gifted.
Although Education White Paper 6 (Department Education, 2001) acknowledges learner
diversity, gifted education is not explicitly mentioned.
The main purpose of this qualitative study was to achieve a clear vision of the
perceptions of educators and principals in primary schools regarding gifted learners.
The beliefs of the participants were explored regarding gifted education, as well as
present obstacles experienced in this field.
An important research finding was that there is presently a serious gap in primary
schools between official policy and teaching practice. Both educators and principals
acknowledge the fact that gifted learners are not effectively included in the mainstream
classroom. It is furthermore apparent that limited teacher training in gifted education, the
lack of a generally workable definition of giftedness, as well as diverse perceptions of
inclusive teaching, obstruct sustainable support and appropriate teaching of the gifted.
Primary school educators and principals agree that successful implementation of policy
and appropriate teaching of the gifted cannot succeed without adequate support and
collaboration of all role players. Thus increased community involvement and sustainable
assistance of district based support teams are also imperative.
The findings of this study hold major implications for teacher training in the present
education system. This study confirms the necessity of appropriate pre- and in-service
training of all teachers in order to enhance the precious gems of giftedness in primary
schools for the future benefit of South African society.
Key words: perceptions, primary school educators and principals, gifted learners,
inclusive education, mainstream classroom, training, collaboration, society

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1685
Date12 1900
CreatorsDe Villiers, Jeanne-Marie
ContributorsOswald, M. M., University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0027 seconds